Dinsdag, 28 September, het die Jannies makietie met woorde gehou. ‘n Opregte dankie aan ons gassprekers, Amanda en Leon de Stadler, wat ons leerders met die wonderkrag van woorde kom verryk het. Amanda en Leon is die skrywers van die nuwe Tesourus van Afrikaans. Leerders het ook woordspeletjies buite en in hul klasse gespeel. Baie dankie aan elkeen wat ‘n rol gespeel het om hierdie dag moontlik te maak. Ons Jannies het waarlik Afrikaanse woorde gevier!