Geagte Ouers / Voogde
Kwartaal 2 kom vandag na 12 weke tot ‘n einde en ek glo dat ons hele skoolgemeenskap baie uitsien na ‘n welverdiende wintervakansie, veral na ‘n baie besige kwartaal vol pretaktiwiteite. Ek het so ‘n vinnig refleksie van die kwartaal gedoen en met dankbaarheid kyk ek terug na al die aktiwiteite wat die skool die kwartaal suksesvol aangebied het. Dit sluit onder andere die Kleiduifkompetisie, die Kaperjolle, die Veilingsdinee, musiekkonserte, redenaars en Wiskundekompetisies, verskeie Eisteddfod-geleenthede, kooroptredes, markdae, gr. 6-kamp, gr. 7-Oranjerivier-ekskursie, sosiale media praatjie met leerders en ouers, Dapper Stappers, Jannies vir Jesus, UNISA-musiekeksamens, graaduitstappies, assesseringsweke, eksamen, sportdae, toernooie en wedstryde in. Ons spreekwoordelike beker loop oor van sukses, nie op grond van arrogansie nie, maar suiwer op dankbaarheid. Verblywend is ook die besluit van die regering om die gesigmaskermandaat asook ander Covid-maatreëls uiteindelik op te hef. Dit word so stil-stil gedoen, maar ek glo dit is amper ‘n geleentheid om "maskervryheid" te vier, veral vir ons leerders. Groot was die opgewondenheid Donderdagoggend voor skool toe die leerders by my wou weet of dit waar is dat die dra van gesigmaskers van die baan is. Dit is dan my voorreg om Owen Wiese en Liza Hitge onderskeidelik as die Hoofseun en -dogter van 2022 geluk te wens. Hulle is vandag tydens die saalperiode aangekondig. Ons beste wense vergesel hulle met die belangrike leierskaprol wat hulle saam met die leerderraad die res van die jaar gaan vervul. Graag stel ek die gr. 7's se Top Tien Akademiese presteerders vir kwartaal 2 bekend. Baie geluk en graag gee ons erkenning aan die volgende leerders vir hul harde werk en toewyding: Lara...
Buitemuurseprogram en belangrike sportdatums vir kwartaal 3
Ons spring in kwartaal 3 onmiddellik weg met sport op Dinsdag, 19 Julie. Ons poog om soveel moontlik papier te spaar en gaan nie hierdie kwartaal 'n harde kopie van die buitemuurseprogam en datums in leerders se rapporte plaas nie. Volg die SKAKEL vir die buitemuurseprogram en belangrike datums op die skool se webtuiste of kliek op die voorskou foto's...
Winter Buitemuurse Sportprogram 2022
[pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2022/06/2022-Sportdatums.docx-1.pdf" title="2022-Sportdatums.docx...
11 Leerders deur na semi-finale rondte van Nasionale Kunskompetisie
Die WKOD se jaarlikse kunskompetisie het hierdie jaar aanlyn in samewerking met die Nelson Mandela Universiteit plaasgevind. Die nasionale kunskompetisie is gemik op graad 7-12 leerders en ondersoek die raakpunte tussen Wiskunde en Kuns. 2022 se tema was “Mathematics: language of the Sciences” Leerders is uitgedaag om ‘n oorspronklike kunswerk te maak wat Wiskunde op ‘n kreatiewe manier met die tema verbind. Die kunswerk moes vergesel wees deur antwoorde op drie vrae: 1. Watter vorm van Wiskunde het jy in jou kunswerk gebruik? 2. Hoe het jy Wiskunde gebruik om by die tema “ Mathematics: language of the Sciences” aan te sluit? 3. Het jy iets nuut geleer tydens jou deelname aan hierdie kompetisie? Baie geluk aan die volgende leerders: Lara Basson Mia Cruywagen Helene Greeff Liza Hitge Adele Holtzhausen Mïlla Joubert Luja Marx Kate Mouton Cara Swanepoel Nell von Lieres Lara Warren Die oorspronklike werke is hierdie week na die NMU in Gqeberha gestuur vir die semi-finale rondte van beoordeling. Ons leerders se entoesiasme en toewyding aan die projek het gelei tot hierdie groot prestasie. Ons hou duim vas vir die volgende...
Bring-en-Raai: 19 Augustus
Dit is weer tyd vir ons jaarlikse Bring-en-Raai kompetisie wat op 19 Augustus om 18:00 in die skoolsaal plaasvind. Skryf 'n span van 8 lede in en kom neem deel aan die heerlike sosiale geleentheid. Die koste beloop R1600 per tafel en elke span is verantwoordelik vir hul eie drankies en spyseniering, net soos 'n bring en braai! Daar is plek vir 26 spanne. Ons verskaf die tafel en bankies en jy die res! Wynglase kan per tafel bespreek word teen 'n kontant deposito, betaalbaar op die aand. Vul asseblief so gou as moontlik jou naam as gasheer of gasvrou op hierdie SKAKEL Kom speel saam! Dit is een van die hoogtepunte op ons sosiale kalender. Kontak gerus vir Karien Zulch indien jy enige vrae het by 083 445 0980 of...
Die Suidooster 2022: Kwartaal 2
Uitstaande sporthempies
Alle atletiek- en o.13-kriekethempies wat aan die begin van die jaar by die sportkantoor uitgeteken is, moet asb. ingehandig word.
Landloopafrigter gesoek
Indien daar enige ouer/s is wat moontlik vir ons in die derde kwartaal met landloopafrigting kan help, kontak asb. die sportkantoor (sport@jvrprim.co.za). Die winter buitemuurseprogram begin op 19 Julie en eindig op 9 September. Oefeninge vind op Dinsdae 14:30 - 15:30 op die Conradieveld plaas. Ons het 'n onderwyser wat die atlete op Vrydae na die byeenkomste sal vergesel so die afrigter hoef dit nie by te woon...
Barbara Schreuder Dansskool Mei 2022
Baie geluk aan al ons dansers wat aan die Cape Town Eisteddfod 2022 deelgeneem het. Die dansers het hard gewerk en dansklasse is ingepas tussen vakansiedae, sport, studies en ander private en buitemuurse bedrywighede en beskikbaarheid van sale... , maar ons het deurgedruk. Ons skryf deels in vir die uitdaging, pret, om nuwe werk aan te leer en om danskennis te verbreed. Die voorgeskrewe danse is tegnies en verg ure se opleiding en oefen, maar dit was alles die moeite werd! Ons is trots op al ons dansers! Uitslae: 4 MERITS 60...69% 20 HONOURS 70...84% 3 DIPLOMA 85...100% 3 FINALISTE Christa -Bella Swart Gr.1 Gabriella Buckenham Gr.4 Michaan Naylor Gr.5 Welgedaan almal en dankie aan ons ouers wat ons so pragtig ondersteun en dansers getrou na oefentye kon bring. Hou die Kiek dop vir nog...
Geagte Ouers / Voogde
Die assesseringsreeks vir Grondslagfase en kontroletoetse (eksamen vir gr. 4 - 7) kom dan vandag tot ‘n einde en ek is nie seker wie te meeste verlig is nie, die leerders of ons ouers? Moeder Natuur het ons week verder opgekikker met heerlike reën wat salig oor die stad en omliggende areas uitsak. Hierdie is ‘n baie kort week met ‘n heerlike meevallertjie van ‘n langnaweek voor die wintervakansie volgende week op Vrydag, 24 Junie, aanbreek. Donderdag, 16 Junie, is ‘n belangrike publieke vakansiedag in die Suid-Afrikaanse konteks. Laat ons dus nie vergeet van die sowat 600 jongmense wat op 16 Junie 1976 hul lewens in Soweto opgeoffer het nie. Sowat 200 000 leerders het op dié dag teen die inwerkingstelling van Afrikaans en Engels as die enigste onderrigtaal betoog. Hierdie dag is meer as net ‘n historiese konteks; die dag het ook stem gegee aan ons jongmense oor kontemporêre probleme in ons land, want hulle is die toekomstige leiers. Ons jongmense en kinders word vandag in abnormale omstandighede groot met geweldige groot uitdagings. Ons geslag het dalk nie nou die oplossings nie, maar die jongmense van vandag met hul veerkratigheid en kreatiwiteit sal beslis die bul by die horings pak. Ons moet egter net tyd maak om na hulle te luister en nie hul oplossings eenvoudig net af te skiet nie. Sondag, 19 Junie, is dit dan ook Vadersdag. Vadersdag word jaarliks op die 3de Sondag van Junie gevier om vaderskap en vaderlike bande te vereer, asook die invloed van pa’s in die samelewing. Mag al die vaderfigure in ons skoolgemeenskap op Vadersdag tot in die afgrond bederf...
Eisteddfod: Sang
Verlede Saterdag se Sang Eisteddfod was baie suksesvol. Daar was 'n totaal van 22 Hoogste Lof toekennings! Dan was daar 28 Lof toekennings en 2 Eervolle Vermeldings. Ons is trots op al ons leerders wat so mooi gesing het.
Eisteddfod: Spraak
Baie dankie aan al die leerders wat deelgeneem het. Ons het 'n rekord getal inskrywings van meer as 120 leerders hierdie jaar gehad. Almal het uitstekend gevaar en ons is baie trots op al die Eisteddfod-deelnemers!
Geen Dramalesse (privaat) tydens laaste week nie
Liewe Drama-ouer/voog Ons sluit hierdie week met dramalesse vir kwartaal 2 af. Daar sal volgende week geen drama wees nie. Ons het alreeds laas week met die Vrydag-maats afgesluit. Baie dankie! Groete, Jana
Ouerbesoeke: Kwartaal 3
Aangesien ouerbesoeke eers tydens die 3de week van kwartaal 3 plaasvind, sal die afsprake eers vanaf die eerste week in kwartaal 3 gemaak kan word. Hou gerus die nuusbrief en/of webtuiste in hierdie verband dop.
Verlore Goedere uitstalling
Alle verlore goedere van die 2de kwartaal sal Dinsdag, 21 Junie, op die veld by die skool uitgestal word. Elke klas sal gedurende skooltyd 'n geleentheid kry om na die verlore goedere te kom kyk. Ouers is welkom om van 12:30 - 15:00 verlore goedere te kom haal. Alle goedere wat nie opgeeïs word nie, sal geskenk...
Belangrike Datums
julie 2026
augustus 2026