Die WKOD se jaarlikse kunskompetisie het hierdie jaar aanlyn in samewerking met die Nelson Mandela Universiteit plaasgevind. Die nasionale kunskompetisie is gemik op graad 7-12 leerders en ondersoek die raakpunte tussen Wiskunde en Kuns.

2022 se tema was “Mathematics: language of the Sciences” Leerders is uitgedaag om ‘n oorspronklike kunswerk te maak wat Wiskunde op ‘n kreatiewe manier met die tema verbind. Die kunswerk moes vergesel wees deur antwoorde op drie vrae:
1. Watter vorm van Wiskunde het jy in jou kunswerk gebruik?
2. Hoe het jy Wiskunde gebruik om by die tema “ Mathematics: language of the Sciences” aan te sluit?
3. Het jy iets nuut geleer tydens jou deelname aan hierdie kompetisie?

Baie geluk aan die volgende leerders:
Lara Basson
Mia Cruywagen
Helene Greeff
Liza Hitge
Adele Holtzhausen
Mïlla Joubert
Luja Marx
Kate Mouton
Cara Swanepoel
Nell von Lieres
Lara Warren

Die oorspronklike werke is hierdie week na die NMU in Gqeberha gestuur vir die semi-finale rondte van beoordeling. Ons leerders se entoesiasme en toewyding aan die projek het gelei tot hierdie groot prestasie. Ons hou duim vas vir die volgende rondte!