Baie geluk aan al ons dansers wat aan die Cape Town Eisteddfod 2022 deelgeneem het. Die dansers het hard gewerk en dansklasse is ingepas tussen vakansiedae, sport, studies en ander private en buitemuurse bedrywighede en beskikbaarheid van sale… , maar ons het deurgedruk. Ons skryf deels in vir die uitdaging, pret, om nuwe werk aan te leer en om danskennis te verbreed. Die voorgeskrewe danse is tegnies en verg ure se opleiding en oefen, maar dit was alles die moeite werd! Ons is trots op al ons dansers!

Uitslae:
4 MERITS 60…69%
20 HONOURS 70…84%
3 DIPLOMA 85…100%

3 FINALISTE
Christa -Bella Swart Gr.1
Gabriella Buckenham Gr.4
Michaan Naylor Gr.5

Welgedaan almal en dankie aan ons ouers wat ons so pragtig ondersteun en dansers getrou na oefentye kon bring. Hou die Kiek dop vir nog foto’s.