Dit is weer tyd vir ons jaarlikse Bring-en-Raai kompetisie wat op 19 Augustus om 18:00 in die skoolsaal plaasvind.

  • Skryf ‘n span van 8 lede in en kom neem deel aan die heerlike sosiale geleentheid.
  • Die koste beloop R1600 per tafel en elke span is verantwoordelik vir hul eie drankies en spyseniering, net soos ‘n bring en braai!
  • Daar is plek vir 26 spanne. Ons verskaf die tafel en bankies en jy die res!
  • Wynglase kan per tafel bespreek word teen ‘n kontant deposito, betaalbaar op die aand.
  • Vul asseblief so gou as moontlik jou naam as gasheer of gasvrou op hierdie SKAKEL

Kom speel saam! Dit is een van die hoogtepunte op ons sosiale kalender.
Kontak gerus vir Karien Zulch indien jy enige vrae het by 083 445 0980 of karienzulch@gmail.com.