Kitaarkonsert
Die kitaarleerders van Shaun Berry hou Maandagaand om 18:00 konsert in die saal. Almal is welkom om dit by te woon. Deelnemers moet om 17:30 by die skool wees.
3de ACL Skaak-fees 2019
Kom speel saam skaak hierdie Saterdag! Hope kontantpryse te wen! Wanneer: 08:30; Saterdag, 5 Oktober Waar: Sentrale Biblioteek, Kaapstad Koste: R100 Registreer teen Vrydag, 4 Oktober (21:00) Vir meer inligting en registrasie: Kliek HIER.
Jan Karsten presteer by SAMF-Wiskundekompetisie
Na die tweede rondte van die SAMF-Wiskundekompetisie, die ou Amesa, het hulle die top 450 leerders in die land genooi om aan die derde rondte van die kompetisie deel te neem. Ons het 5 leerders gehad wat aan die derde rondte deelgeneem het. Hulle was: Petrus Bosman, Jan Karsten, Fredrich Erasmus, Thornley Webber en Peet Karsten. Na die afloop van die kompetisie word die top 20 leerders, top 10 in graad 4 en 5 (junior-afdeling) en top 10 in graad 6 en 7 (senior-afdeling), uitgenooi na die Nasionale prysuitdeling in Johannesburg. Hierdie leerders het geen idee in watter posisie hulle is nie en vind dit eers uit by die prysuitdeling. Ons kan met trots sê dat Jan Karsten in die top 10 is nasionaal. Hy vlieg volgende Vrydag Johannesburg toe vir die prysuitdeling. Dit is 'n ongelooflike prestasie en ons is uiters trots op jou Jan, wel...
Tennis Distrik Sentraal
Baie geluk aan die volgende spelers wat vir die onderskeie ouderdomme se Distrik Sentraal se spanne gekies is: Petrus Bosman (O/10) en Gustav Pansegrouw (O/10) Stella Lamprecht (O/10) Jan Karsten (O/11) Mia Symington (O/11) Hierdie spelers gaan gedurende Oktober teen spelers vanuit ander distrikte speel. Baie...
Eksamenrooster: November 2019
Skolenuuskompetisie – toestemming vir foto’s
Netwerk 24 loots 'n skolenuuskompetisie waarin skole hul skoolkoerant kan inskryf en ons wil graag deelneem! Indien jou kind(ers) hierdie jaar op 'n foto in 'n Suidooster verskyn het en jy besware het dat die foto aan Netwerk 24 gestuur gaan word as deel van Die Suidooster, stuur asb. voor of op 11 Oktober 'n e-pos na suzaan@jvrprim.co.za. Indien jy nie seker is of jou kind op 'n foto in die Suidooster verskyn het nie, kliek HIER om die vorige uitgawes te...
Kooroptredes
Ons kore tree die kwartaal by twee Kerssangdienste op. Albei dienste is in die aand. Sondag, 17 November: Tamboerskloof NG Kerk Sondag, 1 Desember: Drieankerbaai NG Kerk Koorlede dra by albei geleenthede WIT , nie skooldrag nie.
Sistemiese Toetse
Die Gr.3 en Gr.6-leerders skryf volgende Woensdag, 9 Oktober, sistemiese toetse. Die WKOD kom in en hanteer die toetse. Dit is 'n gewone skooldag vir die leerders, maar hulle mag nie met sportklere skool toe kom nie. Hulle gaan twee vraestelle skryf (Afrikaans en Wiskunde), so dit sal goed wees as hulle uitgerus skool toe kom. Geen voorbereiding is nodig...
Somer 2019 buitemuurse sportprogram
Unisa musiekeksamens
Baie geluk aan die vogende leerders wat uitstekend gevaar het by die pas afgelope Unisa eksamens. Leila Lonte: Graad 3 82% Neena Lonte: Graad 3 87% Anna van Biljon: Graad 2 64% Matilda Laubscher: Graad 1 70% Katrien Stimie: Graad 2 80% Heloïse Strauss Graad 2 70% Philip van Rooyen: Voor - Graad 1 78% Cara Swanepoel: Graad 1 85% Mari Swanepoel: Graad 2 68% Ella Mari le Roux: Voor - Graad 1 77% Jan Karsten: Graad 3 66% Lara Pieterse: Graad 2 75% Lara Basson: Voor - Graad 1 80 Elsabe Scholtz: Voor - Graad 1 82% Susan Burger: Voor - Graad 1 77% Katja van Wyk: Voor - Graad 1 87% Emke van Wyk: Graad 1 76% Anik Louw: Voor - Graad 1 85% Jacomien van der Westhuizen: Graad 3 86% Luca Zulch: Graad 1 81% Ons is trots op julle! Dis maande se harde...
Die Suidooster 2019, uitgawe 3
Nuusbrief van 20 September 2019
Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers,Datums Vrydag, 20 September 2019 Skool sluit 10:30Vrydag, 20 September 2019 Heidre Ehlers (Juffrou) verjaar Dinsdag, 24 September 2019 Erfenisdag Vrydag, 27 September 2019 Lucia de Jager (Juffrou) verjaar Dinsdag, 1 Oktober 2019 Skool heropen Woensdag, 2 Oktober 2019 Buitemuurs begin Donderdag, 3 Oktober 2019 Oranjeriviervergadering in saal Vrydag, 4 Oktober 2019 Gr.6 Lead4Life Conradieveld *Ouer- en kindkamp van volgende kwartaal skuif van 18 Okt na 25 Okt>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Baie dankie aan almal wat bygedra het tot die konsert van verlede week. Dankie aan die ouers, onderwysers, OOV, terreinpersoneel, snoepiepersoneel en natuurlik ook die leerders wat gesorg het vir 'n suksesvolle vertoning!Lekker uitrus die vakansie, sien julle volgende kwartaal! NUUTSTE NUUS Oranjerivierroei vir Gr.7's van 2020 Die jaar spoed ten einde en dis tyd om een van die hoogtepunte op die 2020-kalender te begin reël – die Graad 7’s se Oranjerivierroei!Deon Pieterse het dit vir baie jare gereël en almal wat saamgegaan het, was dit eens dat dit ‘n heerlike ervaring met baie spesiale herinneringe was. Deon tree aan die einde van hierdie kwartaal af, maar ons wil verseker dat die Graad 7’s steeds op hierdie lekker kort vakansie kan gaan. Soos voorheen sal Felix Unite die toeroperateurs wees.‘n Paar ouers – LJ le Roux, Wallie van der Walt, Jean en Hanlie Lombaard - reël die 2020-uitstappie met die skool se goedkeuring en insette van Deon.‘n Inligtingsvergadering vir alle 2020 Gr.7-ouers wat wil saamgaan is geskeduleer vir Donderdagaand, 3 Oktober 2019, 18:00 - 19:00. Dit sal by die skool gehou word. Daar is reeds...
Barbara Schreuder Dansskool – Eisteddfod uitslae
Baie geluk aan die volgende dansers van die Barbara Schreuder Dansskool. Hulle het aan die Kaapse Eisteddfod deelgeneem en ons baie trots gemaak. Kliek HIER om al die Jannie-deelnemers se uitslae te sien. Die volgende leerders is as finaliste aangewys: Gr.2 (7y Character) Isabella Marais. Gr.3 (8y Set and Character) Kerala Allewell Gr.3 (8y Set and Character) Karlien vd Walt Gr.5 (10y Character) Amelie Visser Gr.6 (11y Set and Character) Jana Brink Gr.7 (12y Set) Marianne Nel Baie geluk aan Jana Brink wat as die algehele 11y wenner van Set en Character danse aangewys is. Geluk ook aan al ons Jannie-dansers wat ons dansskool se naam so hoog hou! Liefde, juf....
Liewe Aarde
Baie geluk aan ons Jannie van die week, Lara Basson in Graad 4F. Dankie dat jy so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio. Die rommelresies wat Woensdag, 18 September gehou is, het gewys dat die Jannies uitstekende rommel-skommelaars is! Baie geluk aan die volgende klasse wat die graadwenners was: Graad 1O, Graad 2E, Graad 3DG, Graad 4VDV, Graad 5S, Graad 6B, Graad 7VR. Julle kan almal volgende kwartaal een dag gratis sivvies dra. Die oorhoofse wenners was nie net vinnig nie, maar ook baie akkuraat in hoe hulle herwin het. Hulle sal aangekondig word tydens die eerste saalbyeenkoms in die vierde kwartaal en hul pryse sal ook dan oorhandig...
Santa Shoebox Projek 2019
Belangrike Datums
augustus 2026