Die Gr.3 en Gr.6-leerders skryf volgende Woensdag, 9 Oktober, sistemiese toetse. Die WKOD kom in en hanteer die toetse. Dit is ‘n gewone skooldag vir die leerders, maar hulle mag nie met sportklere skool toe kom nie. Hulle gaan twee vraestelle skryf (Afrikaans en Wiskunde), so dit sal goed wees as hulle uitgerus skool toe kom. Geen voorbereiding is nodig nie.