Na die tweede rondte van die SAMF-Wiskundekompetisie, die ou Amesa, het hulle die top 450 leerders in die land genooi om aan die derde rondte van die kompetisie deel te neem. Ons het 5 leerders gehad wat aan die derde rondte deelgeneem het. Hulle was: Petrus Bosman, Jan Karsten, Fredrich Erasmus, Thornley Webber en Peet Karsten.

Na die afloop van die kompetisie word die top 20 leerders, top 10 in graad 4 en 5 (junior-afdeling) en top 10 in graad 6 en 7 (senior-afdeling), uitgenooi na die Nasionale prysuitdeling in Johannesburg. Hierdie leerders het geen idee in watter posisie hulle is nie en vind dit eers uit by die prysuitdeling.

Ons kan met trots sê dat Jan Karsten in die top 10 is nasionaal. Hy vlieg volgende Vrydag Johannesburg toe vir die prysuitdeling. Dit is ‘n ongelooflike prestasie en ons is uiters trots op jou Jan, wel gedaan!