Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums 

Vrydag, 20 September 2019    Skool sluit 10:30
Vrydag, 20 September 2019    Heidre Ehlers (Juffrou) verjaar  
Dinsdag, 24 September 2019    Erfenisdag  
Vrydag, 27 September 2019    Lucia de Jager (Juffrou) verjaar  
Dinsdag, 1 Oktober 2019    Skool heropen  
Woensdag, 2 Oktober 2019    Buitemuurs begin  
Donderdag, 3 Oktober 2019    Oranjeriviervergadering in saal  
Vrydag, 4 Oktober 2019    Gr.6 Lead4Life Conradieveld  

*Ouer- en kindkamp van volgende kwartaal skuif van 18 Okt na 25 Okt

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Baie dankie aan almal wat bygedra het tot die konsert van verlede week. Dankie aan die ouers, onderwysers, OOV, terreinpersoneel, snoepiepersoneel en natuurlik ook die leerders wat gesorg het vir ‘n suksesvolle vertoning!

Lekker uitrus die vakansie, sien julle volgende kwartaal!

---

NUUTSTE NUUS

Die jaar spoed ten einde en dis tyd om een van die hoogtepunte op die 2020-kalender te begin reël – die Graad 7’s se Oranjerivierroei!

Deon Pieterse het dit vir baie jare gereël en almal wat saamgegaan het, was dit eens dat dit ‘n heerlike ervaring met baie spesiale herinneringe was. Deon tree aan die einde van hierdie kwartaal af, maar ons wil verseker dat die Graad 7’s steeds op hierdie lekker kort vakansie kan gaan. Soos voorheen sal Felix Unite die toeroperateurs wees.

‘n Paar ouers – LJ le Roux, Wallie van der Walt, Jean en Hanlie Lombaard – reël die 2020-uitstappie met die skool se goedkeuring en insette van Deon.

‘n Inligtingsvergadering vir alle 2020 Gr.7-ouers wat wil saamgaan is geskeduleer vir Donderdagaand, 3 Oktober 2019, 18:00 – 19:00. Dit sal by die skool gehou word. Daar is reeds ‘n e-pos aan al die huidige Gr.6-ouers hieroor uitgestuur. Ons hoop ons sien julle daar!

Professionele foto’s is tydens en voor die konsertoptrede geneem. Kliek HIER om die foto’s en nommers te sien. Dit is ook op die bord in die gang naby die snoepie opgesit. Kostes beloop R25 (jumbo), R40 (A5) en R60 (A4).

Om te bestel:
1. Kry die foto wat jy wil bestel se nommer (beskikbaar hierbo by die skakel, of teen die bord in die gang naby die snoepie).
2. Kry ‘n vorm by Adri in die kantoor of kliek HIER om self een te druk.
3. Vul die vorm met die korrekte nommer van die foto in.
3.  Verskaf die korrekte bedrag kontant.
4. Stuur dit in ‘n koevert of banksakkie saam skool toe en handig by registeronderwyser in.

Bestellings sluit 3 Oktober 2019.

Ons is opgewonde om ons 2020-beursprojek bekend te stel waar 10 nuwe leerders kan kwalifiseer vir 50% korting op skoolfondse en gratis nasorg toegang. As jy weet van enige laerskoolleerder wat sal baat by ons skoolomgewing, maar dit nie kan bekostig nie, verwys hulle asseblief na ons webwerf en stuur ‘n aansoek aan Jodene by admin@jvrprim.co.za. Vir enige navrae, kontak ook vir Jodene. Sy sal ook kriteria kan verskaf.

Aansoeke sluit Maandag 7 Oktober om 17:00.

Strategiese Vraelys 2019

Baie dankie aan almal wat reeds die strategiese vraelys ingevul het. Indien jy nog nie het nie, onthou om dit in te vul voor of op 11 Oktober 2019. Kliek HIER vir die vraelys, en HIER vir meer inligting rondom die vorige vraelys wat in 2018 uitgestuur is.

Ons herinner ouers/spelers daaraan dat hul rugbytruie terug skool toe moet kom. Daar is enkele hokkieseuns wat ook truie ontvang het vir hul onderskeie wedstryde. Hulle moet dit asb. ook terugstuur.  Leerders moet dit by juf. Hanekom inhandig. Baie dankie aan almal wat dit reeds gedoen het.

Ons wil vir beplanningsdoeleindes en veiligheid die swemgroepe vir kwartaal 4 begin regkry. Volg asb. die SKAKEL en lees die inligting aan die begin van die Google Sheet (dit verduidelik die stappe wat gevolg moet word). Ons herinner ouers weer daaraan dat leerders minstens een lengte op hul eie moet kan swem om hierdie sessies by te woon. Indien leerders dit nog nie kan doen nie, sal ons aanbeveel dat hulle eers vir privaatklasse gaan.

Vir almal se veiligheid moet ons die grootte van die klasse beperk. Daarom is die inskrywings belangrik. Indien leerders 2 oefeninge mis sonder om by die onderwyser verskoning te maak, gaan hul naam terug op die waglys en ons skuif iemand van die waglys af op. Ons vra ouers/leerders se samewerking hiermee asb.

Indien ouers sukkel met die Google Sheet (dit gebeur veral met toestelle wat nie Android gebaseer is nie) moet julle asb. seker maak dat julle die Google Sheet toepassing op jul foon afgelaai het. Inskrywings vir hierdie groepe sluit Vrydag, 4 Oktober, om 10:00. Vir enige verdere navrae, kontak die sportkantoor by sport@jvrprim.co.za.

---

VERDERE NUUS

ALGEMEEN

Baie geluk aan ons Jannie van die week, Lara Basson in Graad 4F. Dankie dat jy so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio.

Die rommelresies wat Woensdag, 18 September gehou is, het gewys dat die Jannies uitstekende rommel-skommelaars is! Baie geluk aan die volgende klasse wat die graadwenners was: Graad 1O, Graad 2E, Graad 3DG, Graad 4VDV, Graad 5S, Graad 6B, Graad 7VR. Julle kan almal volgende kwartaal een dag gratis sivvies dra. Die oorhoofse wenners was nie net vinnig nie, maar ook baie akkuraat in hoe hulle herwin het. Hulle sal aangekondig word tydens die eerste saalbyeenkoms in die vierde kwartaal en hul pryse sal ook dan oorhandig word.

---

KULTUUR

Baie geluk aan die volgende dansers van die Barbara Schreuder Dansskool. Hulle het aan die Kaapse Eisteddfod deelgeneem en ons baie trots gemaak.

Kliek HIER om al die Jannie-deelnemers se uitslae te sien. Die volgende leerders is as finaliste aangewys:

Gr.2 (7y Character) Isabella Marais.      
Gr.3 (8y Set and Character) Kerala Allewell
Gr.3 (8y Set and Character) Karlien vd Walt
Gr.5 (10y Character) Amelie Visser
Gr.6 (11y Set and Character) Jana Brink
Gr.7 (12y Set) Marianne Nel

Baie geluk aan Jana Brink wat as die algehele 11y wenner van Set en Character danse aangewys is. Geluk ook aan al ons Jannie-dansers wat ons dansskool se naam so hoog hou!

Liefde, juf. Barbie

SPORT

Baie geluk aan Louis Bosman (O/9), Jan Karsten (O/11) en Petrus Bosman (O/11) wat deel was van die WP (metro) Skole skaakspan. Die span het aan die Wes-Kaap Skole Skaak Proewe (provinsiale proewe) in Mosselbaai op 17- 19 Mei teen spanne van die Overberg, Kaapse Wynland, Weskus en Eden deelgeneem. Hulle verower almal hul WP (Provinsiale) kleure vir skaak.

Die Kyokushin Cape Town Unicity Organization het sy jaarlikse Beginners Kampioenskappe die afgelope naweek, 14-15 Sep, gehou. Hierdie toernooi fokus spesifieke op die laer belde (blou belde en onder) wat nog nie aan enige kompetisies deelgeneem het nie. Een brawe Jannie, Johannes Mouton, het vir hierdie kompetisie ingeskryf en sy uitslae is soos volg: Red Belt Kata = 1ste; Boys Semi-Contact Fighting = 2de

Shihan Mike en Shihan Jason is baie trots op die wyse waarop hy homself gedurende die toernooi gedra het en sien uit daarna op hom by die volgende kompetisies te sien deelneem.

Die O/11A en O/13A-netbalspanne het op Saterdag, 7 September, gaan kamp opslaan by Hoërskool De Kuilen vir die WP-netbalfinale. Beide spanne het in die B-liga meegeding. Na ‘n baie lang en warm dag het beide spanne tot die semi-finaal deurgedring. Die O/13 A-span het aan die einde van die rondte gelykop teen Parow-Oos gespeel. Daar is ekstra tyd gespeel en hulle het met 1 punt gewen. Die O/11A-span het teen Totius in die semi-finaal te staan gekom en 12 – 7 gewen. Daarna het die finale rondte vir beide spanne gewag. Albei spanne het teen Nomsa Primêr, vanuit Khayalistha, gespeel. Nomsa gaan al vir ‘n paar agtereenvolgende jare na die Nasionale Toernooi in Boksburg en eindig gereeld onder die top 3 vir hul kategorie. Aan die einde van die dag stap die O/13 A-span met ‘n silwer medalje weg. Hul telling was 6-7. Die O/11 A-span wen almal goue medaljes met ‘n telling van 8-6. Hulle is dan ook die B-liga wenners vir O/11! Baie geluk aan AL die spelers en hul afrigters, juf. Ischké Felix (O/13) en juf. Lucia de Jager (O/11).

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

Vir sy eie voordeel beklee ‘n man ‘n beroep; vir die voordeel van sy ewemens volg hy ‘n roeping.
– C.J. Langenhoven

 

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen
SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209