Musieklesse 2020
Sit vroegtydig jou kind se naam op die waglys vir musiek vir volgende jaar. Ons is opgewonde om, behalwe klavier, blokfluit, sang en teorie, asook kitaar, viool en ukelele aan te bied. Kontak juf. Helecia Groenewald per e-pos om 'n plekkie te bespreek:...
Kooroptredes
Onthou asb. die twee kooroptredes by Kerssangdienste: 17 November Tamboerskloof N G Kerk, 19:00 1 Desember Drieankerbaai N G Kerk, 18:00 Alle koorlede dra WIT.
Ouer- en kindkamp uitgestel
A.g.v. die weervoorspelling vir Vrydag, is die ouer- en kindkamp uitgestel na Vrydag, 8 Nov. Dit is die enigste Vrydagaand wat beskikbaar is. Ouers wat reeds die R80 inbetaal het en nie Vrydagaand,8 November, die "kamp" kan bywoon nie, kan vir Marili 'n e-pos stuur om die geld terug te eis: marili@jvrprim.co.za Van die "apparaat" wat ons wou huur, is nie op Vrydag 8 November beskikbaar nie, so ons het besluit om 'n gedeelte van die inkomste vir welwillendheid aan te...
Bredasdorp Top 10 uitslae
Tien van ons atlete het Vrydag, 18 Oktober, in Bredasdorp aan die Top 10 byeenkoms deelgeneem. Dit was die eerste keer wat ons skool hieraan deelgeneem het. Ons het geweet die kompetisie gaan straf wees, maar het nie besef dat daar meer as 42 skole gaan wees nie!! Ons atlete het hul uitstekend van hul taak gekwyt en het wonderlike prestasies ingepalm. Scarlett van der Merwe D/12- 1200m, tyd 4:14.46 ; posisie: 2de Jacomien van der Westhuizen D/13 - 400m; tyd 1:07.91; posisie: 2de Alexander Newton S/13 - 80mHekkies; tyd 12.87; posisie: 4de Alexander Newton S/13 - Hoogspring; hoogte 1.50m; posisie 2de Danny Newton S/11 - 70m Hekkies ; tyd: 12.29s; posisie: 4de Danny Newton S/11 - Hoogspring ; hoogte: 1.35m; posisie 6de Danny Newton S/11 - Verspring; afstand: 4.33m; posisie: 3de Jacques Loubser S/13 - Diskus; afstand: 26.55m; posisie: 7de Alexander Benecke S/11 - 1200m; tyd: geen; posisie: 8ste Ons atlete kry vir elke posisie (binne die top 10 per item) wat hulle behaal punte volgens 'n tabel wat deur atletiek Suid-Afrika opgestel is. Hierdie punte bepaal dan skole /spanne se posisie aan die einde van die byeenkoms. Slegs 49 spanne het punte vir hul uitslae gekry en ons skool het 24ste geëindig. Ons is baie trots op elkeen en sien daarna uit om in 2020 weer te gaan deelneem. Baie dankie aan juf. Kellerman, mnr. Joubert en mnr. Hanekom wat die atlete vergesel het en weer veilig terug besorg...
Ouers op skoolgrond tydens skoolure
Een van die klein jakkalsies wat weer begin kop uitsteek is ouers wat gedurende die skooldag op die terrein, in die gange en selfs in die klasse is. Onthou asb. die volgende reëls wat vir sekuriteits-, dissipline- en akademiese redes daar gestel is: 1) Geen ouer mag sonder 'n afspraak by 'n klas opdaag nie. Dit onderbreek akademiese tyd en plaas die onderwyser in 'n baie moeilike posisie. 2) Alle leerders moet tydens skoolure by ontvangs uitgeteken word voor hulle mag huis toe gaan vir een of ander rede. Daar moet altyd eers by ontvangs aangemeld word voor 'n ouer na 'n klas toe kan gaan. 3) Die registeronderwyser moet eers toestemming gee voordat 'n ouer gebel word om 'n kind te kom haal a.g.v. siekte. 4) Geen ouer mag hul kind tydens pouses kom haal sonder om die kind uit te teken by die kantoor nie. 5) Ouers moet liefs nie tydens skoolure kontak met ander kinders hê sonder dat 'n onderwyser teenwoordig is nie. 6) Kinders moet so vroeg moontlik leer dat hulle self verantwoordelikheid moet dra as hulle iets by die huis vergeet het. Dit is 'n belangrike vaardigheid om self probleme op te los. Ons vra julle samewerking in die...
Wow-spelkompetisie
Katryn Silvis (Gr.1 O ) het Saterdag die silwer medalje losgeslaan by die nasionale ronde van die Wow-spelkompetisie! Sy is dus die tweede beste Gr.1-speller in Suid-Afrika!!Dit was 'n naelbytstryd tussen haar en die wenner. Hulle moes vir ure konsentrasie behou en hardop klank. Katryn, ons is voorwaar trots op...
Balletvertoning 9 & 10 Nov
Sowat 9 Jan van Riebeeck-leerders neem op 9 en 10 November deel aan 'n balletproduksie wat aangebied word deur die Cape Ballet Centre. Die CBC balletskool, insluitend volwassenes, sowel as twee ander skole uit minder bevoorregte gemeenskappe gaan in die produksie wees. Woon dit gerus by! [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2019/10/Ballet-21-Okt-2019.pdf" title="Ballet 21 Okt...
Krieketwedstryde 15 – 17 Oktober
Die krieketwedstryde het hierdie week afgeskop. Die O/9 A & B Spanne het Dinsdag, 15 Oktober teen Llundudno by die Groenpunt Krieketklub gespeel. Die O/9 A span wen en die B span verloor. Die O/11 span het Woensdag, 16 Oktober, teen Kronendal tuis op die Conradieveld gespeel. Kronendal se telling was 49 vir 6 en Jan van Riebeeck se telling, 53 vir 2. Jan van Riebeeck wen met 9 paaltjies. Die O/13 span se wedstryde het Donderdag afgeskop teen Seepunt. Dit het baie goed gegaan met Jan van Riebeeck. Ons kry 116 almal uit en Seepunt teken 22 lopies aan, almal uit. Jan van Riebeeck se veldwerk was uitstekend en ons wen met 94 lopies!Baie goeie...
Tenniswedstryde van 16 Okt
Ons het die week 5 spanne gehad wat Woensdag, 16 Oktober, tenniswedstryde gespeel het. Vier van die wedstryde was vir die liga en 1 was vriendskaplik. Die liga uitslae is soos volg: Seuns A (Peet Karsten, Alexander Newton, Jan Karsten en Fredrich Erasmus) vs. Durbanville B gelykop 3-3 Dogters A (Leila Lonte, Mia Symington, Neena Lonte en Luca Zulch) vs. Durbanville B verloor 1-5 Gemengde A (Danny Newton, Daniel van Reenen, Stella Lamprech en Sofia Newton) vs. Parklands Sekonêr wen 5-1 Gemengde B (Marcelle Eygenberger, Daniel van Dyk, Mieke Hertzog en Liza Hertzog) vs. Table View verloor 0-6 Die vriendskaplike wedstryd se uitslae: Gemengde C (Sebastian Boshoff, Darren Cloete, Klara en Jana Maree) vs. De Tyger wen...
Wow-spelkompetisie
Katryn Silvis, ons gr.1-spelkampioen, neem die naweek aan die nasionale ronde van die Wow-spelkompetisie deel in Stellenbosch. Wys hulle waar Dawid die wortels gegrawe het, Katryn. Ons hou duimvas!
Skrywersbesoek, 25 Oktober
Trotse Jannie
Naam en van: Nadia Manuel Graad: 6B Waar woon jy?: Oranjezicht Gunsteling vak: Ek hou baie van LO. Ek is baie bly dat die atletiekseisoen uiteindelik hier is, want ek is versot op kortafstande. Oefening laat my goed voel. Ek is ‘n trotse Jannie, want Laerskool Jan van Riebeeck het my lewe verander. Skool is nou vir my lekker. Ek geniet dit baie om in ‘n koor te kan sing en sien uit na ons...
Woord van die week 83
Hierdie week het die Woord van die week 2 wenners: Een vir die korrekte inskrywing en een vir die persoon wat die woord voorgestel het. Woord van die week 83: nippertjie Definisie: op die laaste oomblik of net betyds Sin: Ek het op die nippertjie my toets klaargemaak. Wenners: Alexa van der Merwe (Gr.5S) vir haar korrekte inskrywing & Onela Roxo (Gr.6B) vir die woord...
Redenaars 2020
Ek is tans besig met die beplanning van die redenaarsprogram vir 2020. Ek het in hierdie week vir leerders briewe uitgedeel wat dit oorweeg om by redenaars betrokke te raak. Indien enige iemand nog ‘n brief wil hê, kom kry gerus by my. Deelnemers moet in 2020 in graad 3-7 wees. Die voordele van die vaardighede en eienskappe wat deur redenaars ontwikkel word, sluit onder andere 'n goeie selfbeeld, toewyding, uithouvermoë, beplanningsvaardighede, ‘n gehoor aanspreek, ens. in. Ek hoop om baie nuwe deelnemers by redenaars 2020 te verwelkom! Indien daar enige navrae is, kontak my gerus per e-pos: andri@jvrprim.co.za Redenaarsgroete, Andri...
Kodering by JvR
Die onderwysers het verlede week 'n koderingsessie bygewoon waartydens hulle vir 'n uur lank (hour of code) op Code.org d.m.v. "block coding" basiese koderingkonsepte geleer het. Dit was die eerste van nog vele sessies en ons beoog om te begin om hierdie koderingkonsepte te integreer in ons klasse. Ons sal van volgende jaar af ook Robotika as deel van die rekenaarkurrikulum aanbied. Vir meer inligting rondom kodering vir kinders, kliek HIER. Indien jy self wil gaan loer na Code.org, kliek HIER. Scratch is nog 'n gratis aanlynprogram waarin leerders hul eie koderingprojekte kan aanpak: Kliek HIER. Om te sien wat ons tans in die rekenaarklas doen, kliek HIER. Vir enige navrae, stuur gerus 'n e-pos aan...
Belangrike Datums
augustus 2026