Ek is tans besig met die beplanning van die redenaarsprogram vir 2020. Ek het in hierdie week vir leerders briewe uitgedeel wat dit oorweeg om by redenaars betrokke te raak. Indien enige iemand nog ‘n brief wil hê, kom kry gerus by my. Deelnemers moet in 2020 in graad 3-7 wees.

Die voordele van die vaardighede en eienskappe wat deur redenaars ontwikkel word, sluit onder andere ‘n goeie selfbeeld, toewyding, uithouvermoë, beplanningsvaardighede, ‘n gehoor aanspreek, ens. in.

Ek hoop om baie nuwe deelnemers by redenaars 2020 te verwelkom! Indien daar enige navrae is, kontak my gerus per e-pos: andri@jvrprim.co.za

Redenaarsgroete,
Andri Baird