Een van die klein jakkalsies wat weer begin kop uitsteek is ouers wat gedurende die skooldag op die terrein, in die gange en selfs in die klasse is. Onthou asb. die volgende reëls wat vir sekuriteits-, dissipline- en akademiese redes daar gestel is:

1) Geen ouer mag sonder ‘n afspraak by ‘n klas opdaag nie. Dit onderbreek akademiese tyd en plaas die onderwyser in ‘n baie moeilike posisie.
2) Alle leerders moet tydens skoolure by ontvangs uitgeteken word voor hulle mag huis toe gaan vir een of ander rede. Daar moet altyd eers by ontvangs aangemeld word voor ‘n ouer na ‘n klas toe kan gaan.
3) Die registeronderwyser moet eers toestemming gee voordat ‘n ouer gebel word om ‘n kind te kom haal a.g.v. siekte.
4) Geen ouer mag hul kind tydens pouses kom haal sonder om die kind uit te teken by die kantoor nie.
5) Ouers moet liefs nie tydens skoolure kontak met ander kinders hê sonder dat ‘n onderwyser teenwoordig is nie.
6) Kinders moet so vroeg moontlik leer dat hulle self verantwoordelikheid moet dra as hulle iets by die huis vergeet het. Dit is ‘n belangrike vaardigheid om self probleme op te los.

Ons vra julle samewerking in die verband.