Die onderwysers het verlede week ‘n koderingsessie bygewoon waartydens hulle vir ‘n uur lank (hour of code) op Code.org d.m.v. “block coding” basiese koderingkonsepte geleer het. Dit was die eerste van nog vele sessies en ons beoog om te begin om hierdie koderingkonsepte te integreer in ons klasse. Ons sal van volgende jaar af ook Robotika as deel van die rekenaarkurrikulum aanbied.

Vir meer inligting rondom kodering vir kinders, kliek HIER.
Indien jy self wil gaan loer na Code.org, kliek HIER.
Scratch is nog ‘n gratis aanlynprogram waarin leerders hul eie koderingprojekte kan aanpak: Kliek HIER.
Om te sien wat ons tans in die rekenaarklas doen, kliek HIER.
Vir enige navrae, stuur gerus ‘n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za.