Katryn Silvis (Gr.1 O ) het Saterdag die silwer medalje losgeslaan by die nasionale ronde van die Wow-spelkompetisie! Sy is dus die tweede beste Gr.1-speller in Suid-Afrika!!Dit was ‘n naelbytstryd tussen haar en die wenner. Hulle moes vir ure konsentrasie behou en hardop klank. Katryn, ons is voorwaar trots op jou!