Skooltye en kleredrag tot einde van die kwartaal
11 November - 3 Desember Skool sluit: Gr.1-3 13:00 Gr.4-7 13:15 Bus vertrek 13:20 (4 Des. - skool sluit 10:30) Kleredrag: Gr.1-7 Skooldrag (11 - 28 Nov, 2 Des) Gr.1-7 Sivvies (29 Nov, 3 & 4 Des) BEHALWE: 25 November - Atletiek Gr.3 - 7 Skooltye: Gr.1 & 2 07:45 - 13:10 Gr.3-7 07:45 - 14:00 Bus vertrek 14:10 Kleredrag: Gr.1-2 Skooldrag Gr.3-7 Kleurspan klere 27 November - Atletiek Gr.R - 7 Skooltye: Gr.1-7 06:30 - 14:30 Bus vertrek 14:40 Kleredrag: Gr.1-7 Kleurspan...
Buitemuurse program tydens die eksamen
Die buitemuurse program kom op Vrydag, 8 November, vir alle Gr. 4-7 leerders a.g.v die eksamen tot 'n einde. Ons gaan weer 'n spesiale program vir Gr. 1-3-leerders gedurende die eksamen (11-22 November) volg. Leerders sal volgende week die program ontvang. Bywoning is nie verpligtend nie. Hierdie oefeninge sal slegs deur die buiteafrigters aangebied word. Die onderwysers is dan besig om die nodige administrasie af te handel en finale beplannings vir 2020 te doen. Die bus sal gedurende die eksamen daagliks om 13:20...
Tenniswedstryde van 30 Oktober
Ons het die week amper ses spanne gehad wat Woensdag, 30 Oktober, tenniswedstryde gespeel het, maar die Gemengde C span se wedstryde is op die laaste minuut uitgestel. Drie van die wedstryde was vir die liga en twee was vriendskaplik. Die liga-uitslae is soos volg: Seuns A [Peet Karsten, Alexander Newton, Jan Karsten en Marcelle Eygenberger] vs. Kenridge B gelykop 3-3, Jan van Riebeeck wen met die totale tellings van die potte. Dogters A [Leila Lonte, Mia Symington, Jacomien van der Westhuizen en Heloïse Strauss] vs. Brackenfell B, wen 5-1 Gemengde A [BYE] Gemengde B [Sebastian Boshoff, Luca Zulch en Jana Maree] vs. Blouberg Ridge, gelyk 3-3 Die vriendskaplike wedstryd se uitslae: Gemengde C [wedstryd uitgestel na Maandag, 4 November] vs. CBC St John's Gemengde D [Rafa Lamprecht, Sofia Newton, Hein Muller en Markus Smit] vs. Parow-Oos, wen 6-0 Seuns O/11 [Dawid-Wiese Viljoen, Alexander Rau, Daniel Wasserman en Kian Saayman] vs. Welgemoed O/11, verloor...
Krieketuitslae van 29 & 30 Oktober
Die O/9 Spanne het Dinsdag, 29 Oktober, teen Laerskool Seepunt gespeel. Hulle het 'n suksesvolle middag gehad en hul wedstryd gewen. Die O/11 span het Woensdag, 30 Oktober, onder die skaduwee van Tafelberg teen Herzlia Highlands by Narazeth House gespeel. Die velde en die uitsig was ongelooflik. Werner Steyn en Sebastian Maree het beide 2 paaltjies geneem en slegs 1 lopie tydens hul beurt afgestaan. Jan van Riebeeck wen die wedstryde met 9 paaltjies. Die O/13 span het hierdie week 'n loslootjie gehad. Ons beplan 'n Day/Night wedstryd vir 2 Desember by Groenpunt Krieketklub vir die O/13 span. Meer inligting sal aan ouers gestuur...
Jan Karsten eerste in die land
Dit is met groot opwinding dat ons kan aankondig dat Jan Karsten eerste in die land in die SAMF-Wiskundekompetisie (Gr.4-5 afdeling) geëindig het. Wat die prestasie merkwaardig maak, is dat meer as 83 000 leerders en meer as 'n 1000 skole aan die kompetisie deelgeneem het. Jan was opgevlieg na Johannesburg om die seremonie by te woon. Op daardie stadium het hulle slegs geweet hulle is in die top 10, maar het nie die finale posisies geweet nie. Jan en Erik Senekal van Laerskool Lynnwood het weggestap met die top prys. Baie geluk Jan, dit is 'n ongelooflike prestasie en iets om op baie trots te wees. Ons almal is uiters trots op jou met die...
Gr.7’s blink uit by Wiskundekompetisie
Dinsdag, 29 Oktober, het Netwerk24 hulle gala-aand vir alle skolekompetisies gehou. Die doel was om erkenning aan al die leerders vir hulle harde werk te gee. Laer- en hoërskole regoor die Wes-Kaap het bymekaar gekom om pryse te ontvang omdat hulle in verskeie kompetisies in die top 10 in die Wes-Kaap en nasionaal geëindig het. Laerskool Jan van Riebeeck was daar vir die Wiskundekompetisie wat vroeër die jaar geskryf is. Meer as 3500 leerders het aan die kompetisie deelgeneem en ons het 4 leerders wat in die top 10 in die Wes-Kaap geëindig het. Ons is ook die enigste skool wat meer as een leerder in die top 10 het. Die uitslae was as volg: Dawid Adler, 2de Wes-Kaap en 4de nasionaal Jana van Rooyen, 5de Wes-Kaap Thornley Webber, 6de Wes-Kaap Alet Hitge, 7de Wes-Kaap Hierdie leerders het werklik baie hard gewerk en kan uiters trots wees op hierdie pragtige prestasie....
Somerdrag vanaf Maandag, 4 November
Verpligte somerdrag moet vanaf Maandag, 4 November 2019, gedra word. Indien daar enige rede is waarom 'n leerder nie Maandag reeds somerdrag kan dra nie, moet dit direk met die klasonderwyser gekommunikeer word.
Liewe Aarde
Baie geluk aan ons Jannies van die week, Lea en Simon van Dyk in Graad 2E & Graad 4F. Dankie dat julle so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio. Papier is uiters geskik vir herwinning: slegs 16% van papierprodukte in Suid-Afrika is nie geskik vir herwinning nie. Maar onthou dat papier skoon en droog moet wees. Kombuisrolle, papierservette en sneesdoekies kan nie herwin word nie, maar is geskik vir jou komposhooop en is bioafbreekbaar. Hier is 'n lys van nie-herwinbare papier: Vuil of nat produkte soos papierborde, pizza-bokse, sneesdoekies, kombuisrol en toiletpapier, gelamineerde papier, waks- of foelie-bedekte papier en karton. Konfetti en deurslag papier. Plakkers en Post-it notas (dit is met gom bedek) Sementsakke Troeteldier kossakke Weggooidoeke Kliek HIER vir meer...
Krieketwedstryde 23 – 24 Oktober
Die O/11 span het Woensdag, 23 Oktober, teen Reddam House ASB by Groenpunt Krieketklub gespeel. Reddam House ASB se telling was 80 vir 5 en Jan van Riebeeck se telling, 84 vir 1. Jan van Riebeeck wen met 5 lopies. Die O/13 span het Donderdag teen Kronendal weg gespeel. Kronendal wen met 5 lopies. Die O/9 spanne het nie Dinsdag enige wedstryde gespeel...
Table View swemgala, 31 Oktober – laat uitnodiging
Table View hou hul swemgala op Donderdag, 31 Oktober, en nadat 'n ander skool onttrek het, het hulle ons genooi om deel te neem. Ons gebruik die uitslae van die kleurgala’s wat in Februarie plaasgevind het om die span saam te stel. Deelnemers sal vandag ‘n brief met hul items ontvang. Daar is ongelukkig nie tyd om nuwe leerders in ag te neem nie. Kampsbaai se aflosgala skuif na 22 November. Indien leerders nie onder die top 2 by Februarie 2019 se Kleurgala was nie en graag in ag geneem wil word vir die span, moet hulle met juf. Janse van Rensburg (bibi@jvrprim.co.za) of juf. Hanekom (sport@jvrprim.co.za) kontak...
Tenniswedstryde – 23 Oktober
Ons het verlede week 5 spanne gehad wat op Woensdag, 23 Oktober, tenniswedstryde moes speel. Drie van die wedstryde is a.g.v. die reën uitgestel. Die volgende wedstryde het voortgegaan: Dogters A [Mia Symington, Jacomien van der Westhuizen, Heloïse Strauss en Katrien Stimie] vs. Mikro A, verloor 0-6 Gemengde D [Danny Newton, Lukas Wasserman, Jana Maree en Sofia Newton] vs. Edgemead, wen...
American Ballet resultate
Baie geluk aan ons 21 dansers wat deelgeneem het aan American Academy of Ballet Performance Awards 19 Okt 2019 Hierdie jaar kry senior dansers geleentheid en Beurse na Summer School in New York. Baie geluk aan ons 5 seniors wat almal gekies is! Gradering Bronze Bronze Distinc Bronze Double Distinc Silver Silver Distinc Silver Double Distinc Gold Level 1 Cara Stoltz, Silver Double Distinction Sarah Roff, Silver Double Distinction Cara Nel, Silver Double Distinction Lulu Marais, Silver Double Distinction Amelie vd Walt, Silver Double Distinction Gabi Buckenham, Silver Double Distinction Danielle Fourie, Silver Distinction Phia Fouche, Silver Distinction Level 2 Daniella Boshoff, Silver Double Distinction Isabella Marais, Silver Double Distinction Emily Roff, Silver Double Distinction Lukas Goosen, Silver Double Distinction Level 3 Lumarie Fourie, Silver Double Distinction Lida-Mari Bosman, Silver Double Distinction Karlien vd Walt, Gold Kerala Allewell, Gold Level 5 Marianne Nel, Gold AAB Bursary to New York Jeanette Groenewald, Gold AAB Bursary to New York Level 6 Jana Brink, Gold AAB Bursary to New York Arwen Weich, Gold AAB Bursary to NewYork Level 7 Mia Visser, Gold AAB Bursary to...
Kampsbaai swemgala uitgestel na 22 November
Die swemgala van 1 November is uitgestel na 22 November. Kampsbaai het 'n lek in hul swembad en moet dit eers herstel. Die span sal geselekteer word na gelang van die uitslae van die skole se kleurgalas in Februarie 2019. Lede van die span se ouers sal dan in kennis gestel word. Indien daar enige nuwe leerders is wat wil deelneem, moet hulle die sportkantoor kontak. Hierdie gaan weer 'n aflosgala...
Liewe Aarde
Baie geluk aan ons Jannie van die week, Luke Willows in Gr.1 O. Dankie dat jy so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio. Nie almal se koppie tee nie... Plastiek hoort definitief nie in tee nie, en tog is daar plastiek in 25% van alle tee-handelsmerke. Onlangse navorsing in Kanada het bevind dat hierdie teesakkies 16 mikrogram mikroplastiek vrystel as kookwater oor dit gegooi word. Hoe het plastiek in ‘n koppie tee beland? Vervaardigers voeg 'n soort plastiek by die papier van teesakkies sodat hulle hul vorm behou as hulle aan hoë temperature blootgestel word, maar dit beteken dat hierdie teesakkies nie maklik ontbind nie en daarom nie op komposhope gegooi kan word nie. Hierdie teesakkies dra dus by tot die berge plastiek wat die mensdom weggooi, want daar word elke dag miljoene koppies tee wêreldwyd gedrink. Ondersoek die verpakking van jou tee om seker te maak dat daar nie plastiek in die sakkies is nie, of gebruik eerder los teeblare. Kliek HIER om mees te...
Eisteddfodmedaljes
Alle medaljes moet so gou moontlik aan juf. Groenewald besorg word, sodat dit by die prysuitdeling oorhandig kan word.
Belangrike Datums
augustus 2026