Baie geluk aan ons Jannie van die week, Luke Willows in Gr.1 O. Dankie dat jy so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio.

Nie almal se koppie tee nie… Plastiek hoort definitief nie in tee nie, en tog is daar plastiek in 25% van alle tee-handelsmerke. Onlangse navorsing in Kanada het bevind dat hierdie teesakkies 16 mikrogram mikroplastiek vrystel as kookwater oor dit gegooi word. Hoe het plastiek in ‘n koppie tee beland? Vervaardigers voeg ‘n soort plastiek by die papier van teesakkies sodat hulle hul vorm behou as hulle aan hoë temperature blootgestel word, maar dit beteken dat hierdie teesakkies nie maklik ontbind nie en daarom nie op komposhope gegooi kan word nie. Hierdie teesakkies dra dus by tot die berge plastiek wat die mensdom weggooi, want daar word elke dag miljoene koppies tee wêreldwyd gedrink. Ondersoek die verpakking van jou tee om seker te maak dat daar nie plastiek in die sakkies is nie, of gebruik eerder los teeblare. Kliek HIER om mees te lees.