Ons het die week amper ses spanne gehad wat Woensdag, 30 Oktober, tenniswedstryde gespeel het, maar die Gemengde C span se wedstryde is op die laaste minuut uitgestel. Drie van die wedstryde was vir die liga en twee was vriendskaplik.

Die liga-uitslae is soos volg:
Seuns A [Peet Karsten, Alexander Newton, Jan Karsten en Marcelle Eygenberger] vs. Kenridge B gelykop 3-3, Jan van Riebeeck wen met die totale tellings van die potte.
Dogters A [Leila Lonte, Mia Symington, Jacomien van der Westhuizen en Heloïse Strauss] vs. Brackenfell B, wen 5-1
Gemengde A [BYE]
Gemengde B [Sebastian Boshoff, Luca Zulch en Jana Maree] vs. Blouberg Ridge, gelyk 3-3
Die vriendskaplike wedstryd se uitslae:
Gemengde C [wedstryd uitgestel na Maandag, 4 November] vs. CBC St John’s
Gemengde D [Rafa Lamprecht, Sofia Newton, Hein Muller en Markus Smit] vs. Parow-Oos, wen 6-0
Seuns O/11 [Dawid-Wiese Viljoen, Alexander Rau, Daniel Wasserman en Kian Saayman] vs. Welgemoed O/11, verloor 0-6