Baie geluk aan ons Jannies van die week, Lea en Simon van Dyk in Graad 2E & Graad 4F. Dankie dat julle so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio.

Papier is uiters geskik vir herwinning: slegs 16% van papierprodukte in Suid-Afrika is nie geskik vir herwinning nie. Maar onthou dat papier skoon en droog moet wees. Kombuisrolle, papierservette en sneesdoekies kan nie herwin word nie, maar is geskik vir jou komposhooop en is bioafbreekbaar.

Hier is ‘n lys van nie-herwinbare papier:
Vuil of nat produkte soos papierborde, pizza-bokse, sneesdoekies, kombuisrol en toiletpapier, gelamineerde papier, waks- of foelie-bedekte papier en karton.
Konfetti en deurslag papier.
Plakkers en Post-it notas (dit is met gom bedek)
Sementsakke
Troeteldier kossakke
Weggooidoeke

Kliek HIER vir meer inligting.