Table View hou hul swemgala op Donderdag, 31 Oktober, en nadat ‘n ander skool onttrek het, het hulle ons genooi om deel te neem. Ons gebruik die uitslae van die kleurgala’s wat in Februarie plaasgevind het om die span saam te stel. Deelnemers sal vandag ‘n brief met hul items ontvang. Daar is ongelukkig nie tyd om nuwe leerders in ag te neem nie.

Kampsbaai se aflosgala skuif na 22 November. Indien leerders nie onder die top 2 by Februarie 2019 se Kleurgala was nie en graag in ag geneem wil word vir die span, moet hulle met juf. Janse van Rensburg (bibi@jvrprim.co.za) of juf. Hanekom (sport@jvrprim.co.za) kontak maak.