Dit is met groot opwinding dat ons kan aankondig dat Jan Karsten eerste in die land in die SAMF-Wiskundekompetisie (Gr.4-5 afdeling) geëindig het. Wat die prestasie merkwaardig maak, is dat meer as 83 000 leerders en meer as ‘n 1000 skole aan die kompetisie deelgeneem het. Jan was opgevlieg na Johannesburg om die seremonie by te woon. Op daardie stadium het hulle slegs geweet hulle is in die top 10, maar het nie die finale posisies geweet nie. Jan en Erik Senekal van Laerskool Lynnwood het weggestap met die top prys. Baie geluk Jan, dit is ‘n ongelooflike prestasie en iets om op baie trots te wees. Ons almal is uiters trots op jou met die prestasie!