Die swemgala van 1 November is uitgestel na 22 November. Kampsbaai het ‘n lek in hul swembad en moet dit eers herstel. Die span sal geselekteer word na gelang van die uitslae van die skole se kleurgalas in Februarie 2019. Lede van die span se ouers sal dan in kennis gestel word. Indien daar enige nuwe leerders is wat wil deelneem, moet hulle die sportkantoor kontak. Hierdie gaan weer ‘n aflosgala wees.