Dinsdag, 29 Oktober, het Netwerk24 hulle gala-aand vir alle skolekompetisies gehou. Die doel was om erkenning aan al die leerders vir hulle harde werk te gee. Laer- en hoërskole regoor die Wes-Kaap het bymekaar gekom om pryse te ontvang omdat hulle in verskeie kompetisies in die top 10 in die Wes-Kaap en nasionaal geëindig het.
Laerskool Jan van Riebeeck was daar vir die Wiskundekompetisie wat vroeër die jaar geskryf is. Meer as 3500 leerders het aan die kompetisie deelgeneem en ons het 4 leerders wat in die top 10 in die Wes-Kaap geëindig het. Ons is ook die enigste skool wat meer as een leerder in die top 10 het. Die uitslae was as volg:
Dawid Adler, 2de Wes-Kaap en 4de nasionaal
Jana van Rooyen, 5de Wes-Kaap
Thornley Webber, 6de Wes-Kaap
Alet Hitge, 7de Wes-Kaap
Hierdie leerders het werklik baie hard gewerk en kan uiters trots wees op hierdie pragtige prestasie. Welgedaan!