Paspoortprojek
Om met die geskenbewyse af te skop gaan ons aan die broer-en-broer/suster spanne wat so goed gevaar het, die eerste geskenkbewyse gee. Daar sal R50 op julle elkeen se naam by die snoepie gelaai word. Gaan spandeer dit na hartelus en onthou om die rommel in die herwinningsdrom te gooi. · Gerhard Conradie Gr.1 & Chrystal Conradie Gr.4 · Stella Pansegrouw Gr.2 & Gustav Pansegrouw Gr.5 · Dietz Punt Gr.3 & Heinke Punt Gr.6 Hierdie ‘broer-en-suster’ of ‘broer-en-broer’ spanne het almal 5 of meer aktiwiteite in die eerste kwartaal voltooi. Welgedaan Jannies! Dit lyk sommer asof julle hope pret gehad het. Die vakansie en afsonderingstydperk is ‘n gulde geleentheid om van die items op die lys te voltooi en aktiwiteite as ‘n gesin saam te doen. Bly veilig en sien julle na die onverwagte lang vakansie Kliek op die foto vir meer...
Vakansiesorg 19 & 20 Maart 2020
Aandag alle ouers Neem hiermee kennis dat as gevolg van die COVID-19 virus, die skool Woensdag, 18 Maart, sluit. Die nasorgpersoneel (Dolinda, Susan, Ursula en Rose) sal Donderdag en Vrydag van 07:30 – 17:30 die vakansiesorg oorneem. Lorraine van Vuuren, die vakansiesorg juffrou, sal Maandag, 22 Maart, weer voortgaan met vakansiesorg. Geen inskrywings is nodig vir hierdie twee dae nie, ouers kan net hul kinders stuur. Tariewe is soos volg: R130 per dag per kind Ouers kan kontant betaal. Indien ’n ander wyse van betaling versoek word, kan dit met Dolinda by nasorg gereël word. Groete,...
Coach Allison word vir die Krieketwêreldbeker oor-50 Wes-Indiese span gekies!
Die meeste ouers sou al die lang maer man by die krieketoefeninge gesien het wat altyd sy passie en kennis met ons leerders deel. Ons is baie trots op Allison Johnson wat nie net as lid van die Wes-Indiese oor-50 Wêreldbeker Krieketspan gekies is nie, maar tree ook as afrigter op. Baie geluk Coach Allison! Die oor-50 Krieketwêreldbeker vind in Kaapstad van 10 -24 Maart plaas. Volg die SKAKEL vir meer...
Koronavirus (COVID-19)
Liewe ouers, Die Koronavirus domineer die nuusopskrifte en die situasie is onvoorspelbaar. Ons wil julle gerusstel dat ons sake noukeurig monitor. Sosiale media is vol gerugte, verkeerde inligting en vals nuus wat teenproduktief en alarmisties is. Ons doen ‘n beroep op ons ouers om gesonde verstand uit te oefen en om op hoogte te bly van die neigings en verwikkelinge uit betroubare bronne soos die Wêreldgesondheidsorganisasie. Ons Beheerliggaam het verder op die volgende stappe besluit: 1. Ons gaan baie strenger optree oor die implementering van die leerders se higiëne. Alle waskommetjies en handdoeke is verwyder en ons implementeer beste praktyk handwas vir die kinders en personeel. Alle klasse word vandag met handdoekpapier voorsien vir gebruik na handewas en ons het hoë alkohol handreiniger bestel wat volgende Woensdag afgelewer word. Dit sal in alle vertrekke aangewend word en volgens ‘n skedule gebruik word. 2. Fisiese kontak soos handskud, “high-fives” en drukkies moet sover moontlik vermy word. 3. Ons implementeer streng higiëne rakende die personeel. 4. Personeel ontvang tans opleiding in verdere voorsorgmaatreëls. 5. Personeel gaan leerders op voed in die moets en moenies wat gepaardgaan met die Koronavirus. 6. Alle sosiale en groepsbyeenkomste wat tot 12 April beplan was, word uitgestel. Byeenkomste wat uitgestel word tot verdere kennisgewing is Jannies Talent, Saalbyeenkomste, Oupa-en-Oumadag by Huppelland, die Kaperjolle, die graad 6-kamp en enige ander uitstappies). 7. Sportafrigting word aangepas om kontak te verminder maar gaan steeds voort. Ons het in elk geval nie enige geskeduleerde spansport wedstryde in April maand nie. 8. Leerders en personeel wat meer vatbaar is vir die virus word gemoniteer (droë hoes, asma, diabetes, hartsiektes). 9. Personeel...
Registrasie van leerders vir Winter buitemuurse program
Baie dankie aan almal wat reeds die registrasie vir hul kinders vir die Winter buitemuurse program voltooi het. Meer as die helfte van die skool se leerders het aangedui dat hulle aan wintersport gaan deelneem. Indien jy nog nie jou kind/ers geregistreer het nie, volg asb. die skakel en doen dit teen Vrydag, 13 Maart om 13:00. REGISTRASIE VIR WINTER...
Paspoortprojek
Dankie vir al die foto's wat ons tot op hede ontvang het. Ons Jannies reis heerlik rond in ons pragtige stad. Onthou om jou foto's voor 18 Maart in te stuur om in aanmerking te kom vir die eerste 3 snoepie geskenkbewyse. Die Paspoort-deelnemers wat in aanmerking kom vir hierdie prys, is almal wat 5 of meer aktiwiteite in die kwartaal voltooi het. Vir enige navrae, stuur ‘n epos aan: jvrpaspoort@gmail.com Kliek op die foto vir meer...
Veiling 2020
Skooltye volgende week
Die skool kom volgende week Maandag en Dinsdag die gewone tyd uit. Daarna is die tye as volg: Woensdag, 18 Maart 2020: Gr.1-3 - 12:45 Gr.4-7 - 13:00 Bus - 13:05 Donderdag, 19 Maart 2020: Gr.1-3 - 12:45 Gr.4-7 - 13:00 Bus - 13:05 Vrydag, 20 Maart 2020 Almal -...
Kaperjolle – 4 April 2020
Liewe ouers Met die vakansie wat voorlê, is almal verlig die eerste kwartaal is amper verby. Ons skop die tweede kwartaal af met ‘n heerlike kuierdag vir alle ouderdomme. Kry solank alles in plek om ‘n sorgvrye dag te kan geniet. Daar sal verskeie items op Karri vooraf te koop wees om vir ons as OOV ‘n beter aanduiding te gee van getalle en om rye op die dag by kaartjieverkope te beperk. Die dag vind op die Laerskool Jan van Riebeeck skoolterrein plaas. Soos verlede jaar sal daar verskillende areas wees vir verskillende ouderdomme. Vanjaar sal daar ook ‘n kroeg beskikbaar wees. Ons dranklisensie kom met baie streng voorwaardes. Geen kinders sal in die kroeg toegelaat word nie en geen ouer mag die veld verlaat met hulle drankies nie. Ys sal heeldag daar te koop wees teen R30/sak. Toegang gaan slegs geskied by die Nuwe Kerkstraat ingang (by inry hek). Alle ander hekke gaan gesluit wees op die dag vir sekuriteitsredes. Die hekke sal oop wees van 12:00 tot 19:00. Ouers se kuierarea gaan op die veld wees. Daar gaan heerlike musiek wees, tente met tafels en ‘n kroeg met ‘n paar verrassings om na uit te sien. As jy wil verseker dat jy ‘n tafel het om heeldag by te sit, kan jy dit vooraf op Karri bespreek. Daar sal ook onbespreekte tafels beskikbaar wees waar jy saam met ander ouers kan kuier. Vanjaar kan julle uitsien na ‘n heerlike Spitbraai op die veld. Jou etekaartjie sluit in: Lam en vark op die spit en 3 slaaie @ R200pp. Kos sal gereed wees vanaf 16:30 en 18:30....
Liewe Aarde
Baie geluk aan ons Jannies van die week, Dietz Punt in Graad 3DG en Heinke Punt in Graad 6W. Dankie dat julle so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio. Goeie nuus: Ons kan van kwartaal 2 af weer riffelkarton by die skool herwin! Die organisasie wat die riffelkarton oplaai vir herwinning het laat weet dat die markwaarde daarvan 'n bietjie gestyg het, en dit nou weer vir hulle die moeite werd is. Ongelukkig kan papier en gladde karton steeds nie herwin word nie, net riffelkarton ("corrugated cardboard"). Die herwinningshouers sal van kwartaal 2 af weer oop...
Adan neem deel aan Argus
Adan Eksteen het Sondag, 8 Maart, aan die Kaapstad fietsrytoer in Kaapstad deelgeneem. Hy het saam met sy pa die 109km in 4 ure en 27 minute voltooi. Baie geluk Adan!
Winter Buitemuurse Sportprogram 2020
Jannies Talent, 18 Maart
Die tyd raak nou min! Onthou volgende Woensdagaand om 18:30 is Jannies Talent - 'n lekker aand vir die hele gesin. Kaartjies sal by die deur te koop wees teen R50 vir volwassenes en R30 vir kinders. Die snoepie sal oop wees vir eet-en drinkgoed. Sien julle daar!!
isiXhosa 2020: week 5
Tweekamp leerders presteer
Die WP-Kampioenskappe was die jaar gehou by Parow atletiekstadion en Fairmont Hoërskool waar almal geswem het. Met groot entoesiasme het al ons leerders gaan deelneem. Hierdie is die laaste byeenkoms van die seisoen en dit is wonderlik om te sien hoe ons leerders tydens die seisoen verbeter het. Ons skool is ook uitgenooi om vir die tweede jaar in 'n ry deel te neem aan die SA-byeenkoms, maar a.g.v. baie ander aktiwiteite, kan ons ongelukkig nie deelneem nie. Die leerders wat in ons skolespan is: Ané Swanepoel, Delmar Benecke, Daxton Liversage, Ruald Naudé, Albert Griesel, Jean Petrie, Cara Swanepoel, Sophia Liebenberg, Alexander Benecke, Lourens van der Walt, Kian Eksteen, Kianna Gro Liversage en Stephan Griesel. Ons atlete se tye het pragtig verbeter oor die loop van die seisoen. Al ons atlete se hardlooptye het met meer as 10 sekondes verbeter en van ons atlete se tye het met meer as 35 sekondes verbeter. Dit is merkwaardig aangesien die verste wat enige atleet hardloop, slegs 1200m is. Al ons atlete se swemtye het met 5 tot 10 sekondes verbeter. Dit is uitstekend aangesien die verste afstand wat hulle swem ,slegs 100m is. Ons atlete het hulle beste vir laaste gelos. Delmar Benecke het tweede by WP-Kampioenskappe geëindig en is ook opgeneem in die WP-span wat by SA's gaan deelneem Saterdag, 21 Maart. Alexander Benecke was algeheel 5de en is ook opgeneem in die WP-span. Baie geluk aan die twee manne wat ons gaan verteenwoordig. Baie geluk aan al die atlete wat die seisoen so mooi presteer het. Ons sien uit na die volgende...
Belangrike Datums
augustus 2026