Die meeste ouers sou al die lang maer man by die krieketoefeninge gesien het wat altyd sy passie en kennis met ons leerders deel. Ons is baie trots op Allison Johnson wat nie net as lid van die Wes-Indiese oor-50 Wêreldbeker Krieketspan gekies is nie, maar tree ook as afrigter op. Baie geluk Coach Allison! Die oor-50 Krieketwêreldbeker vind in Kaapstad van 10 -24 Maart plaas. Volg die SKAKEL vir meer inligting.