Liewe ouers

Met die vakansie wat voorlê, is almal verlig die eerste kwartaal is amper verby. Ons skop die tweede kwartaal af met ‘n heerlike kuierdag vir alle ouderdomme. Kry solank alles in plek om ‘n sorgvrye dag te kan geniet.

  • Daar sal verskeie items op Karri vooraf te koop wees om vir ons as OOV ‘n beter aanduiding te gee van getalle en om rye op die dag by kaartjieverkope te beperk.
  • Die dag vind op die Laerskool Jan van Riebeeck skoolterrein plaas. Soos verlede jaar sal daar verskillende areas wees vir verskillende ouderdomme.
  • Vanjaar sal daar ook ‘n kroeg beskikbaar wees. Ons dranklisensie kom met baie streng voorwaardes. Geen kinders sal in die kroeg toegelaat word nie en geen ouer mag die veld verlaat met hulle drankies nie. Ys sal heeldag daar te koop wees teen R30/sak.
  • Toegang gaan slegs geskied by die Nuwe Kerkstraat ingang (by inry hek). Alle ander hekke gaan gesluit wees op die dag vir sekuriteitsredes. Die hekke sal oop wees van 12:00 tot 19:00.
  • Ouers se kuierarea gaan op die veld wees. Daar gaan heerlike musiek wees, tente met tafels en ‘n kroeg met ‘n paar verrassings om na uit te sien. As jy wil verseker dat jy ‘n tafel het om heeldag by te sit, kan jy dit vooraf op Karri bespreek. Daar sal ook onbespreekte tafels beskikbaar wees waar jy saam met ander ouers kan kuier.
  • Vanjaar kan julle uitsien na ‘n heerlike Spitbraai op die veld. Jou etekaartjie sluit in: Lam en vark op die spit en 3 slaaie @ R200pp.
  • Kos sal gereed wees vanaf 16:30 en 18:30.
  • Pannekoek, Chip ‘n Dip, slushies, koeldrank, water, koffie en ander snoepie items sal onder die afdakkies langs die tennisbane en uit die klasse op die vierkant verkoop word. Pizza en Burgers kan ook op Karri vooraf bestel word.
  • Die kinder-aktiwiteite gaan vanjaar geskei word om te verseker dat ons kleiner kinders ook die dag ten volle kan geniet. Die speletjie- area op die tennisbane (langs die swembad) is slegs vir kinders tot Graad 2. Daar gaan ook om 12:30 ‘n towenaar in die skoolsaal wees wat gemik is op hierdie ouderdom kinders. Al bogenoemde aktiwiteite is ingesluit by die Combo vir kleiner kinders.
  • Die speletjies op die vierkant (soos in 2019) is gemik op kinders van Graad 3 en ouer. Daar gaan weer Bingo en Minute to Win It in die skoolsaal aangebied word. Die Combo vir ouer kinders sluit al bogenoemde in.
  • Groot opgewondenheid heers oor ons Silent Disco sessies wat vanjaar vir die eerste keer ervaar kan word. Hier moet julle kop hou en vinnig spring om teleurstelling te voorkom. Daar is 3 sessies wat elk slegs 150 kinders kan akkommodeer.

    1. 14:00-15:00 Slegs vir kinders 8 jaar en jonger @ R60
    2. 16:00-17:00 Alle ouderdomme @ R60
    3. 18:00-19:00 Slegs vir Graad 6 en ouer @ R60

  • Ons het baie hulp nodig om hierdie dag ‘n sukses te maak. Elke graad is verantwoordelik vir ‘n spesifieke taak. Raak asb. betrokke by jou graad se take en vul jou naam in op die diensrooster. Dit sal binnekort aan almal gestuur word.

Graad 1: Speletjies op tennisbaan
Kontak vir Anna Blackmore (blackmore.anna@gmail.com) of Rosalie Smit (rosalie@mindes.co.za)

Graad 2: Kroeg en Slushies
Kontak vir Pieter van Vuuren (pieter@braai.com) of Coreen Scholtz (coreen.scholtz@gmail.com)

Graad 3: Kaartjieverkope en diensbeurte
Kontak vir Ria Hertzog (ria.hertzog@gmail.com)

Graad 4: Snoepie en donuts
Kontak vir Martie Viljoen (martie@avconeng.com)

Graad 5: Silent Disco, Minute to Win It, Bingo
Kontak vir Colitha Janse van Renburg vir silent disco inligting (Rensburg78@telkomsa.net) of

Christelle Pansegrouw vir alle ander spelletjies (christelle@vrincorporated.co.za)

Graad 6: Speletjies op vierkant
Kontak vir Karien Zulch (karien@zulch.co)

Graad 7: Burgers en koeldrank
Kontak vir Esna van der Walt (esna.b@mweb.co.za)

Vir enige verdere inligting rakende die dag kan jy vir Lizelle van der Berg (lizellevdb@gmail.com) kontak.

Groete

Kaperjolle span