Om met die geskenbewyse af te skop gaan ons aan die broer-en-broer/suster spanne wat so goed gevaar het, die eerste geskenkbewyse gee. Daar sal R50 op julle elkeen se naam by die snoepie gelaai word. Gaan spandeer dit na hartelus en onthou om die rommel in die herwinningsdrom te gooi.

· Gerhard Conradie Gr.1 & Chrystal Conradie Gr.4
· Stella Pansegrouw Gr.2 & Gustav Pansegrouw Gr.5
· Dietz Punt Gr.3 & Heinke Punt Gr.6

Hierdie ‘broer-en-suster’ of ‘broer-en-broer’ spanne het almal 5 of meer aktiwiteite in die eerste kwartaal voltooi. Welgedaan Jannies! Dit lyk sommer asof julle hope pret gehad het.

Die vakansie en afsonderingstydperk is ‘n gulde geleentheid om van die items op die lys te voltooi en aktiwiteite as ‘n gesin saam te doen. Bly veilig en sien julle na die onverwagte lang vakansie

Kliek op die foto vir meer inligting.