Baie geluk aan ons Jannies van die week, Dietz Punt in Graad 3DG en Heinke Punt in Graad 6W. Dankie dat julle so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio.

Goeie nuus: Ons kan van kwartaal 2 af weer riffelkarton by die skool herwin! Die organisasie wat die riffelkarton oplaai vir herwinning het laat weet dat die markwaarde daarvan ‘n bietjie gestyg het, en dit nou weer vir hulle die moeite werd is. Ongelukkig kan papier en gladde karton steeds nie herwin word nie, net riffelkarton (“corrugated cardboard”). Die herwinningshouers sal van kwartaal 2 af weer oop wees.