Die WP-Kampioenskappe was die jaar gehou by Parow atletiekstadion en Fairmont Hoërskool waar almal geswem het. Met groot entoesiasme het al ons leerders gaan deelneem. Hierdie is die laaste byeenkoms van die seisoen en dit is wonderlik om te sien hoe ons leerders tydens die seisoen verbeter het. Ons skool is ook uitgenooi om vir die tweede jaar in ‘n ry deel te neem aan die SA-byeenkoms, maar a.g.v. baie ander aktiwiteite, kan ons ongelukkig nie deelneem nie.

Die leerders wat in ons skolespan is: Ané Swanepoel, Delmar Benecke, Daxton Liversage, Ruald Naudé, Albert Griesel, Jean Petrie, Cara Swanepoel, Sophia Liebenberg, Alexander Benecke, Lourens van der Walt, Kian Eksteen, Kianna Gro Liversage en Stephan Griesel.

Ons atlete se tye het pragtig verbeter oor die loop van die seisoen. Al ons atlete se hardlooptye het met meer as 10 sekondes verbeter en van ons atlete se tye het met meer as 35 sekondes verbeter. Dit is merkwaardig aangesien die verste wat enige atleet hardloop, slegs 1200m is. Al ons atlete se swemtye het met 5 tot 10 sekondes verbeter. Dit is uitstekend aangesien die verste afstand wat hulle swem ,slegs 100m is. Ons atlete het hulle beste vir laaste gelos. Delmar Benecke het tweede by WP-Kampioenskappe geëindig en is ook opgeneem in die WP-span wat by SA’s gaan deelneem Saterdag, 21 Maart. Alexander Benecke was algeheel 5de en is ook opgeneem in die WP-span. Baie geluk aan die twee manne wat ons gaan verteenwoordig. Baie geluk aan al die atlete wat die seisoen so mooi presteer het. Ons sien uit na die volgende seisoen.