Unisa-klaviereksamens
Baie geluk aan die volgende musiekleerders wat puik presteer het in die Unisa-eksamens: Lara Basson Gr 1 71% Elsabe Scholtz Gr 1 75% Cara Swanepoel Gr 2 73% Emke van Wyk Gr 2 86% Katia van Wyk Gr 1 78 % Ane Swanepoel Voor- Gr 1 75% Susie Samuel Voor- Gr 1 76% Ben Terblanche Gr 3 83% Linden Murray Gr 3 72% Luca Zulch Gr 2 63% Leah de Kock Gr 1 83% Katrien Stimie Gr 3 74% Lisa van As Voor- Gr 1 87% Ons is baie trots op...
100-hempie
Aangesien ons sommer die eerste week van die nuwe jaar begin met al die feesvierings van ons skool se 100ste verjaardag, sal ons graag wil hê dat elke kind 'n spesiale feeshempie moet koop. Hierdie hempie sal gedurende die jaar gereeld tydens skooltyd gedra word, maar vervang nie ons sportdrag nie. Jy sal 'n briefie ontvang waarop 'n voorgestelde grootte aangedui word. Ons het leerders se groei gedurende die somervakansie in gedagte gehou. Let op dat die groottes baie kleiner as die 'normale' grootte is. Die bestellings wat op die Karri-toep gemaak word, is die finale grootte. Die hempie se kostes: R120 vir kleiner en R150 vir groter...
Vakansiesorg Desember 2020
Uitreik: Santa Shoebox
Atletiekkliniek 20 & 21 November
Op Vrydag, 20 November, en Saterdag, 21 November, gaan Muller Joubert, atletiekafrigter by Laerskool Jan van Riebeeck vanaf 2018 – 2019 en tans ‘n spesialisafrigter by La Rochelle in die Paarl, steeds vir ons graad 5 – 7 leerders ‘n diskus- en spiesgooikliniek aanbied. Tashwell Adams en Garth du Preez wat deur Atletiek Suid-Afrika en IAAF geakkrediteer is, gaan vir ons naellope en hekkieklinieke aanbied. Hul klinieke gaan fokus op die tegniek van beide items. Tashwell en Garth het al verskeie atlete gehad wat aan die Suid-Afrikaanse Skole kampioenskappe deelgeneem het en hulle tree ook gereeld as beamptes en provinsiale afrigters by hierdie byeenkomste op. Die kliniek sal by Hoërskool Jan van Riebeeck se velde aangebied word. Daar is ‘n beperkte hoeveelheid openinge per sessie. Belangstellende atlete moet vinnig spring. Vrydag, 20 November Sessie 1: Diskus Gr.6 & 7 Tyd: 14:00 – 15:30 Plek: Hoërskool JvR-sportvelde Koste: R80 per kind per sessie Sessie 2: Spiesgooi Gr.6 & 7 Tyd: 15:45 – 17:15 Plek: Hoërskool JvR-sportvelde Koste: R80 per kind per sessie Saterdag, 21 November Sessie 3: Diskus Gr.5 Tyd: 08:30 – 9:30 Plek: Hoërskool JvR-sportvelde Koste: R80 per kind per sessie Sessie 4: Spiesgooi Gr.5 Tyd: 9:45 – 10:45 Plek: Hoërskool JvR-sportvelde Koste: R80 per kind per sessie Sessie 5: Naellope Gr.3 – 5 OF Hekkies Gr.6 – 7 Tyd: 08:00 – 10:00 Plek: Hoërskool JvR-sportvelde Koste: R250 per kind per sessie Sessie 6: Naellope Gr.6-7 OF Hekkies Gr.3 – 5 Tyd: 10:30 – 12:30 Plek: Hoërskool JvR-sportvelde Koste: R250 per kind per sessie Indien die atlete die naellope en hekkies wil doen, kos dit R400 vir beide. Ons...
Nuwe spyskaart vir die snoepie
Gedurende hierdie jaar het ons alreeds so baie veranderinge ervaar, ons wil sommer 'n paar nuwe disse in die snoepie uittoets! Ons gaan twee spyskaarte saamstel: Spyskaart A en Spyskaart B. Spyskaart A sal ons normale disse bevat en Spyskaart B sal van ons normale disse, net op ander dae, en van ons nuwe disse bevat. Ons gaan elke tweede week die spyskaart wissel. Bestellings vind steeds via die Karri-toepassing plaas. Kyk gerus na die foto vir ons...
Fotobestellings
Die leerders het hierdie week hul foto's ontvang. Die laaste dag vir bestellings is Maandag, 30 November. Maak asb. seker dat die kontant in die koevert korrek is. Vul ook asb. die koevertjie waarop bestel moet word, volledig in. Jy is ook welkom om op die fotograaf se webtuiste te bestel: Lunchbox Photography. Die wagwoord is JVR2020. Klasfoto's en individuele foto's word by die klasonderwyser betaal en bestel. Leerderraad- Juffrou Izèl Storm Biblioteekmonitors - Juffrou Magriet van Zyl Suidoosterredaksie - Juffrou Suzaan...
Hoërskoolnuus
Baie geluk aan die volgende leerders wat as Hoërskool Jan Van Riebeeck se hoofleiers vir 2021 aangekondig is: Foto: Voor van links na regs Hoofseun: Gregory Barends VRL Voorsitter & Hoofdogter: Jana-Mari Beukes (oud-leerder van Laerskool Jan Van Riebeeck) Foto: Agter van links na regs Onderhoofseun: Leander Viljoen Onderhoofdogter: Misha...
Covid-19-beleid
Neem asseblief kennis van ons skool se BELEID rakende die Covid-19 pandemie. Indien iemand in die gesin simptome ervaar en wel positief getoets het, moet die skool daarvan kennis dra. Self-isolering word vir 10 opeenvolgende dae versoek. Leerders sal gedurende hierdie tyd toegang tot akademie d.m.v. gereelde kommunikasie met die onderwyser en Classroom verkry. Ons hou aan om handewas, ontsmetting, sosiale afstand en die dra van 'n masker toe te...
Fondsinsameling: Johan Oosthuizen-klubhuis
Die graad 7-fondsinsameling vir die opgradering van die Johan Oosthuizen-klubhuis het baie goed verloop en die skool het in totaal R21 100 ingesamel. Baie dankie vir almal se volgehoue ondersteuning en bydraes. Sonder julle hulp sou ons nie hierdie projek suksesvol kon bestuur nie. Ella-Mari le Roux het die meeste kaartjies verkoop en sy het die Spar-geskenkpak ter waarde van R500 gewen. Ons is baie trots op jou, Ella! Die trekking vir die gelukkige wenners het op Donderdag, 5 November, plaasgevind. Ons wenners lyk soos volg: • Twee nagte in ‘n selfsorg-eenheid aan die voet van Tafelberg (waarde R6000) - Jacky Solomons • Heel lam (Waarde R2500) -Beata von Lieres • Clinton Stolz fotografie: familie fotosessie (Waarde R2500) - Theo van der Walt • Paul Renè geskenkpak (Waarde R2000) - Coreen Scholtz • Juweelstuk van Pierre Liversage (Waarde R1500) - Linda Brink • Jenewer geskenkpak (Waarde R1500) - Inge Roberts • 10kg wors (Waarde R1100) - Clive Joubert • “Baked Studio” koek (Waarde 750) - Alet Laubser • “Baked Studio” koek (Waarde 750) - Ingrid Olivier • Heleen Meyer geskenkpak (Waarde R750) - Emmy Stoltz Baie geluk aan hierdie wenners. Ons hoop dat julle die lekker bederf-geskenke sal...
Uitstel van die atletiekkliniek en ekstra kliniek vir 20 & 21 Nov
Daar word baie reën oor die naweek voorspel en daarom gaan ons die atletiekkliniek van hierdie naweek (6 & 7 November) uitstel na 20 en 21 November. Ons is egter bevoorreg om meer afrigters by hierdie kliniek te kan hê. Op Vrydag, 20 November, en Saterdag, 21 November, gaan Muller Joubert, atletiekafrigter by Laerskool Jan van Riebeeck vanaf 2018 - 2019 en tans 'n spesialisafrigter by La Rochelle in die Paarl, steeds vir ons graad 5 - 7 leerders 'n diskus- en spiesgooikliniek aanbied. Tashwell Adams en Garth du Preez wat deur Atletiek Suid-Afrika en IAAF geakkrediteer is, gaan vir ons naellope en hekkieklinieke aanbied. Hul klinieke gaan fokus op die tegniek van beide items. Tashwell en Garth het al verskeie atlete gehad wat aan die Suid-Afrikaanse Skole kampioenskappe deelgeneem het en hulle tree ook gereeld as beamptes en provinsiale afrigters by hierdie byeenkomste op. Die nuwe kliniek sal by Hoërskool Jan van Riebeeck se velde aangebied word. Daar is 'n beperkte hoeveelheid openinge per sessie, belangstellende atlete moet vinnig spring. Vrydag, 20 November Sessie 1: Diskus Gr.6 & 7 Tyd: 14:00 - 15:30 Plek: Hoërskool JvR-sportvelde Koste: R80 per kind per sessie Sessie 2: Spiesgooi Gr.6 & 7 Tyd: 15:45 - 17:15 Plek: Hoërskool JvR-sportvelde Koste: R80 per kind per sessie Saterdag, 21 November Sessie 3: Diskus Gr.5 Tyd: 08:30 - 9:30 Plek: Hoërskool JvR-sportvelde Koste: R80 per kind per sessie Sessie 4: Spiesgooi Gr.5 Tyd: 9:45 - 10:45 Plek: Hoërskool JvR-sportvelde Koste: R80 per kind per sessie Sessie 5: Naelope Gr.3 - 5 OF Hekkies Gr.6 - 7 Tyd: 08:00 - 10:00 Plek: Hoërskool JvR-sportvelde Koste: R250...
Kunsveiling 2020
'n Groot dankie aan almal wat deelgeneem het aan ons eerste aanlynkunsveiling. Net oor die R200 000 is ingesamel ten bate van die Jan van Riebeeck Laerskool Opvoedingstrust, wat verskeie projekte by ons skool finansier. Dan ook ‘n groot dankie aan ons kunstenaarouers en -vriende wat so gulhartig is met hul werke en die skool op so 'n besonderse manier ondersteun. Tweedens aan ouers, Liza Grobler vir die kunswerk-koördinering en rondleidings en Karien Zulch wat dinge altyd so lekker en sonder drama organiseer. En ‘n groot dankie aan Ashbey’s Galleries wie se aanlynplatforms gratis aan ons beskikbaar gemaak is: besoek ashbeysgalleries.co.za om te sien hoe hul aanbod van veilings lyk – dis baie opwindend en effens...
“Die Ickabog” illustrasiekompetisie wenners
LAPA-uitgewers het onlangs ‘n illustrasiekompetisie geloods vir die Afrikaanse weergawe van J.K. Rowling se “The Ickabog”. Hoofstukke is stuk-stuk op hulle webwerf, met voorstelle vir moontlike illustrasie-idees, gelaai. Die wenners is op 24 Oktober bekendgemaak. Vier van ons skool se leerders se werke is gekies en hul illustrasies word as deel van die boek, wat later in November op die rakke beskikbaar is, gepubliseer. Die leerders is Milla Joubert, Kate Heyns, Lara Pieterse en Elsabé Scholtz. Hulle sal elkeen 'n kopie van die boek ontvang sodra dit beskikbaar is. Hulle illustrasies verskyn vandag in Die Burger. Sien die berig hieronder. Ons is baie trots op...
Breederivierroei
Gedurende die afgelope vakansie het ‘n groep Graad 7’s, saam met hulle ouers, en sommige saam met hulle gesinne, drie heerlike aande op die walle van die Breederivier deurgebring. Dit het als begin met ‘n beplande roei op die Oranjerivier, iets wat nou al ‘n instelling by die Graad 7-Jannies is. Toe die Covid-pandemie ‘n stokkie daarvoor steek, is “Plan B vir Breede” opgeroep! Hierdie plan het so goed uitgewerk, dat ‘n paar ouers reeds voorgestel het dat dit deel van die Jannies-kalender word! Ons het heerlik geroei, al het dit soms geknor om die ‘crocs’ reguit te stuur wanneer die wind van voor gekom het! Die stroomversnellings het gesorg vir ekstra opwinding: ‘n paar van ons is agteruit deur ‘n paar stroomversnellings. Soms was daar ‘n noodgedwonge swem wanneer die draaie nou net nie perfek wou uitwerk nie, maar ons is daardeur! Daar was ook ander lekker aktiwiteite vir die kinders, soos ‘abseil’, tafeltennis en snoeker. Saans het ons tot laat om die kampvuur gekuier. Louis Boshoff en LJ le Roux het ons op die laaste aand bederf met die heerlikste braaivleis – dankie, julle is voorwaar “Braaimeesters”! Dankie aan almal wat vasgebyt het met die reëlings deur al die onsekerhede oor die Oranje-roei, tot op die...
Eeufees koor: Kô, laat ons sing!
Om die skool se honderd jaar verjaardag behoorlik te vier, bring ons 'n Laerskool Jan van Riebeeck-Eeufeeskoor op die been wat op Sondag, 31 Januarie 2021 – Stigtersdag – sal optree. Leon Starker het ingestem om die koor te lei (wat 'n voorreg, dankie Leon!). Ons nooi graag enige ouer, oud-ouer, personeellid, oud-personeellid of oud-Laerskool Jan van Riebeecker uit om deel te neem, indien hulle: • beskik oor vorige koorervaring; • self hulle stempart sal kan aanleer voor die repetisies begin; en • beskikbaar is saans en naweke vir repetisies tussen 22 en 31 Januarie 2021, asook vir die optrede op 31 Januarie. Die musiek sal gepas, maar nie moeilik wees nie, en alle lede sal notasies sowel as oudio opnames teen einde November ontvang. Die venue sal nog bevestig word. Die nodige Covid-protokol wat betrekking het op byeenkomste sal gevolg word. Indien die geleentheid na later in die jaar verskuif word, sal die koor by die latere geleentheid sing. Kontak asseblief vir Nicole Strauss by nstrauss@iafrica.com as jy lus is om saam te sing. Dit gaan lekker...
Belangrike Datums
augustus 2026