Om die skool se honderd jaar verjaardag behoorlik te vier, bring ons ‘n Laerskool Jan van Riebeeck-Eeufeeskoor op die been wat op Sondag, 31 Januarie 2021 – Stigtersdag – sal optree.

Leon Starker het ingestem om die koor te lei (wat ‘n voorreg, dankie Leon!). Ons nooi graag enige ouer, oud-ouer, personeellid, oud-personeellid of oud-Laerskool Jan van Riebeecker uit om deel te neem, indien hulle:

• beskik oor vorige koorervaring;

• self hulle stempart sal kan aanleer voor die repetisies begin; en

• beskikbaar is saans en naweke vir repetisies tussen 22 en 31 Januarie 2021, asook vir die optrede op 31 Januarie.

Die musiek sal gepas, maar nie moeilik wees nie, en alle lede sal notasies sowel as oudio opnames teen einde November ontvang.

Die venue sal nog bevestig word. Die nodige Covid-protokol wat betrekking het op byeenkomste sal gevolg word. Indien die geleentheid na later in die jaar verskuif word, sal die koor by die latere geleentheid sing.

Kontak asseblief vir Nicole Strauss by nstrauss@iafrica.com as jy lus is om saam te sing. Dit gaan lekker wees!