LAPA-uitgewers het onlangs ‘n illustrasiekompetisie geloods vir die Afrikaanse weergawe van J.K. Rowling se “The Ickabog”. Hoofstukke is stuk-stuk op hulle webwerf, met voorstelle vir moontlike illustrasie-idees, gelaai.

Die wenners is op 24 Oktober bekendgemaak. Vier van ons skool se leerders se werke is gekies en hul illustrasies word as deel van die boek, wat later in November op die rakke beskikbaar is, gepubliseer.

Die leerders is Milla Joubert, Kate Heyns, Lara Pieterse en Elsabé Scholtz. Hulle sal elkeen ‘n kopie van die boek ontvang sodra dit beskikbaar is.

Hulle illustrasies verskyn vandag in Die Burger. Sien die berig hieronder.

Ons is baie trots op hulle!