‘n Groot dankie aan almal wat deelgeneem het aan ons eerste aanlynkunsveiling. Net oor die R200 000 is ingesamel ten bate van die Jan van Riebeeck Laerskool Opvoedingstrust, wat verskeie projekte by ons skool finansier. Dan ook ‘n groot dankie aan ons kunstenaarouers en -vriende wat so gulhartig is met hul werke en die skool op so ‘n besonderse manier ondersteun. Tweedens aan ouers, Liza Grobler vir die kunswerk-koördinering en rondleidings en Karien Zulch wat dinge altyd so lekker en sonder drama organiseer. En ‘n groot dankie aan Ashbey’s Galleries wie se aanlynplatforms gratis aan ons beskikbaar gemaak is: besoek ashbeysgalleries.co.za om te sien hoe hul aanbod van veilings lyk – dis baie opwindend en effens verslawend!