Aangesien ons sommer die eerste week van die nuwe jaar begin met al die feesvierings van ons skool se 100ste verjaardag, sal ons graag wil hê dat elke kind ‘n spesiale feeshempie moet koop. Hierdie hempie sal gedurende die jaar gereeld tydens skooltyd gedra word, maar vervang nie ons sportdrag nie. Jy sal ‘n briefie ontvang waarop ‘n voorgestelde grootte aangedui word. Ons het leerders se groei gedurende die somervakansie in gedagte gehou. Let op dat die groottes baie kleiner as die ‘normale’ grootte is. Die bestellings wat op die Karri-toep gemaak word, is die finale grootte. Die hempie se kostes: R120 vir kleiner en R150 vir groter hempies.