Gedurende hierdie jaar het ons alreeds so baie veranderinge ervaar, ons wil sommer ‘n paar nuwe disse in die snoepie uittoets!
Ons gaan twee spyskaarte saamstel: Spyskaart A en Spyskaart B. Spyskaart A sal ons normale disse bevat en Spyskaart B sal van ons normale disse, net op ander dae, en van ons nuwe disse bevat. Ons gaan elke tweede week die spyskaart wissel. Bestellings vind steeds via die Karri-toepassing plaas. Kyk gerus na die foto vir ons spyskaartopsies.