Op Vrydag, 20 November, en Saterdag, 21 November, gaan Muller Joubert, atletiekafrigter by Laerskool Jan van Riebeeck vanaf 2018 – 2019 en tans ‘n spesialisafrigter by La Rochelle in die Paarl, steeds vir ons graad 5 – 7 leerders ‘n diskus- en spiesgooikliniek aanbied. Tashwell Adams en Garth du Preez wat deur Atletiek Suid-Afrika en IAAF geakkrediteer is, gaan vir ons naellope en hekkieklinieke aanbied. Hul klinieke gaan fokus op die tegniek van beide items. Tashwell en Garth het al verskeie atlete gehad wat aan die Suid-Afrikaanse Skole kampioenskappe deelgeneem het en hulle tree ook gereeld as beamptes en provinsiale afrigters by hierdie byeenkomste op.

Die kliniek sal by Hoërskool Jan van Riebeeck se velde aangebied word. Daar is ‘n beperkte hoeveelheid openinge per sessie. Belangstellende atlete moet vinnig spring.

Vrydag, 20 November
Sessie 1: Diskus Gr.6 & 7
Tyd: 14:00 – 15:30
Plek: Hoërskool JvR-sportvelde
Koste: R80 per kind per sessie

Sessie 2: Spiesgooi Gr.6 & 7
Tyd: 15:45 – 17:15
Plek: Hoërskool JvR-sportvelde
Koste: R80 per kind per sessie

Saterdag, 21 November
Sessie 3: Diskus Gr.5
Tyd: 08:30 – 9:30
Plek: Hoërskool JvR-sportvelde
Koste: R80 per kind per sessie

Sessie 4: Spiesgooi Gr.5
Tyd: 9:45 – 10:45
Plek: Hoërskool JvR-sportvelde
Koste: R80 per kind per sessie

Sessie 5: Naellope Gr.3 – 5 OF Hekkies Gr.6 – 7
Tyd: 08:00 – 10:00
Plek: Hoërskool JvR-sportvelde
Koste: R250 per kind per sessie

Sessie 6: Naellope Gr.6-7 OF Hekkies Gr.3 – 5
Tyd: 10:30 – 12:30
Plek: Hoërskool JvR-sportvelde
Koste: R250 per kind per sessie

Indien die atlete die naellope en hekkies wil doen, kos dit R400 vir beide.
Ons sal via die Karri-toep ‘n kennisgewing uitstuur sodat die betalings en besprekings so gedoen kan word.