Die graad 7-fondsinsameling vir die opgradering van die Johan Oosthuizen-klubhuis het baie goed verloop en die skool het in totaal R21 100 ingesamel. Baie dankie vir almal se volgehoue ondersteuning en bydraes. Sonder julle hulp sou ons nie hierdie projek suksesvol kon bestuur nie.

Ella-Mari le Roux het die meeste kaartjies verkoop en sy het die Spar-geskenkpak ter waarde van R500 gewen. Ons is baie trots op jou, Ella!

Die trekking vir die gelukkige wenners het op Donderdag, 5 November, plaasgevind. Ons wenners lyk soos volg:

• Twee nagte in ‘n selfsorg-eenheid aan die voet van Tafelberg (waarde R6000) – Jacky Solomons
• Heel lam (Waarde R2500) -Beata von Lieres
• Clinton Stolz fotografie: familie fotosessie (Waarde R2500) – Theo van der Walt
• Paul Renè geskenkpak (Waarde R2000) – Coreen Scholtz
• Juweelstuk van Pierre Liversage (Waarde R1500) – Linda Brink
• Jenewer geskenkpak (Waarde R1500) – Inge Roberts
• 10kg wors (Waarde R1100) – Clive Joubert
• “Baked Studio” koek (Waarde 750) – Alet Laubser
• “Baked Studio” koek (Waarde 750) – Ingrid Olivier
• Heleen Meyer geskenkpak (Waarde R750) – Emmy Stoltz

Baie geluk aan hierdie wenners. Ons hoop dat julle die lekker bederf-geskenke sal geniet!