Neem asseblief kennis van ons skool se BELEID rakende die Covid-19 pandemie. Indien iemand in die gesin simptome ervaar en wel positief getoets het, moet die skool daarvan kennis dra. Self-isolering word vir 10 opeenvolgende dae versoek. Leerders sal gedurende hierdie tyd toegang tot akademie d.m.v. gereelde kommunikasie met die onderwyser en Classroom verkry. Ons hou aan om handewas, ontsmetting, sosiale afstand en die dra van ‘n masker toe te pas.