Delmar Benecke presteer in Tweekamp

Delmar Benecke het Saterdag, 18 September, aan die WP-Tweekamp se Winterkampioenskap deelgeneem en ‘n brons medalje gewen. Ons is veral trots op hom omdat hy as 10 jarige aan die O/13-afdeling moes deelneem. Steeds het hy derde gekom!

Markdag: Vrydag, 1 Oktober

Leerders wat belangstel om Vrydag, 1 Oktober, 'n tafel te bestuur of beman, kan vanaf Maandag R15 op die Karri-toepassing betaal. Produkte moet van so 'n aard wees dat leerders dit self skool toe kan dra, aangesien ouers nie op die perseel toegelaat word nie. Leerders is verantwoordelik vir hul eie kleingeld en geen lewende hawe mag verkoop word nie. Die markie sal vanaf 09:00 tot 09:45 bedryf...

Strategiese Vraelys 2021

Die skoolbestuur wil graag weer ons ouergemeenskap se mening oor allerlei sake inwin. Dus wil ek julle vriendelike versoek om aan ons meningspeiling deel te neem. Dit is maklik en gou om in te vul. Die sperdatum is 22 Oktober 2021 en jy is welkom om anoniem te bly. Dankie! Naas...

Geagte Ouers / Voogde

Ons sluit week 8 van kwartaal 3 af met die begin van ‘n heerlike langnaweek as ‘n welkome meevallertjie. Die beste deel van die langnaweek is natuurlik dat Vrydag, 24 September, Erfenisdag is, ook bekend as Nasionale Braaidag. Ons vier jaarliks Erfenisdag waar Suid-Afrikaners as ‘n reënboognasie aangemoedig word om hul eie kultuur te gedenk. Erfenisdag gaan nie net oor eie kulture van afsonderlike groepe nie, maar eerder ook oor uitreiking oor die verskillende kultuurgrense heen. Dit sluit elemente van nasionale eenheid, nasiebou en belangrik, versoening in. Die doel is juis om ons jeug aan te moedig om ons gedeelde erfenis in ere te hou. Sedert 2008 word Nasionale Erfenisdag deur Jan Braai onder die vaandel van Braai vir Erfenis as nie-winsgewende inisiatief bemark. Ek glo dat meeste van julle ook op die spesiale dag ‘n groot vuur gaan aansteek en ‘n lekker stukkie vleis (skaapkotelette, beeshaas, sosaties, hoender, vis, braaiwors, ens.) oor die oop kole braai. Verlede Vrydag het die Gr.5-leerders vir Geskiedenis ‘n opwindende Egiptedag gehou. Hulle het geklee soos ware farao’s, mummies, Cleopatras, soldate, goeweneurs, slawe of adelikes skool toe gekom. Baie dankie aan juf. Mardry vir die wonderlike inisiatief asook die toekenning van pryse aan die leerders wat die beste geklee was. Ons leerders geniet die deel van die kurrikulum terdeë en kan nie uitgepraat raak oor die teorieë rakende die bou van die piramides en sfinkse nie. Die proses van mummifikasie, die geheimsinnige hiërogliewe asook die legendariese Toetankamen en Koningin Nefertiti fassineer ons leerders geweldig en dit is lekker om te sien hoe hulle entoesiasties oor antieke Egipte praat. Ons skool se waarde vir...

Uitkomtye volgende week

Die uitkomtye vir volgende week is as volg: Maandag Normale tye geld. Dinsdag 12:45 (Gr.1-3) 13:00 (Gr.4-7) Bus vertrek 13:05 Woensdag 12:45 (Gr.1-3) 13:00 (Gr.4-7) Bus vertrek 13:05 Donderdag 12:45 (Gr.1-3) 13:00 (Gr.4-7) Bus vertrek 13:05 Vrydag 10:30 (Gr.1-3) 10:45 (Gr.4-7) Bus vertrek...

Koffiekroeg by die Laerskool

Weens die feit dat die land op 'n grendelvlak 2 is, het ons besluit dat ons graag 'n proeflopie wil loods. Daar sal tydens die week van 27 September tot 1 Oktober 'n opelug koffiekroeg-fasiliteit by die klerebank beskikbaar wees. Ouers mag uit hul motors klim, maar moet maskers dra en kan ongelukkig nie in die skoolgebou kom nie. Die koffiekroeg is soortgelyk aan die koffiekroeg by Huppelland en dit sal vanaf 07:00 - 09:00 oop wees. Daar sal stoele en tafels buite wees om jou koffie te geniet met die ikoniese Tafelberg in die agtergrond. Ouers kan ook 'n wegneem-koffie bestel. Kaartfasiliteite en Snapscan sal beskikbaar wees. Die skoolhoof sal moeite doen om bietjie tyd saam met ouers daar te spandeer. Baie dankie vir julle ondersteuning en ons glo dat julle daarvan gebruik sal...

Kultuurkaskenades en musiekkonserte volgende week

Maandag, 27 September, 9: 00 - Gr.2 en 3 Kultuurkaskenades vir Gr.1, 2 en 3 leerders. Maandag, 27 September, 11:00 - Gr.4 en 5 Kultuurkaskenades vir Gr.4 en 5 leerders. Woensdag, 29 September, 9:00 - Gr.6 en 7 Kultuurkaskenades vir Gr.6 en 7 leerders. Donderdag, 30 September, 9:00 - Musiekkonsert vir Gr.4 en 5 musiekleerders. Ouers is welkom, maar geen kinders. Donderdag, 30 September, 11:00 - Musiekkonsert vir Gr.6 en 7 musiekleerders. Ouers is welkom, maar geen...

Skool sluit 23 Sept. vroeër

Let asb. daarop dat die skool volgende week Donderdag, 23 September, vroeër sal sluit. Gr.1 - 3 verdaag om 12:45 en Gr.4 - 7 om 13:00. Die bus sal om 13:05 vertrek en die Nasorg sal oop wees.

Geagte Ouers / Voogde

Dit is veronderstel om heerlike en sonnige lenteweer te wees, maar in die Moederstad het ons gou geleer dat Lentedag mag dalk volgens die kalender vir die res van die land op 1 September haar verskyning maak, maar meer hier onder die ikoniese Tafelberg met haar magiese uitsig is dit vir ons stadbewoners gewoonlik eers vanaf 1 November beskore. Moet dus nog nie die snoesige winterklere wegpak nie en maak seker jou kaggelhoutvoorrraad is voldoende vir nog ‘n maand of wat. Vanaf Donderdag, 9 September, tot Saterdag, 11 September, het ons Jannies te heerlik aan ons wintersportafsluiting deelgeneem. Die stralende gesiggies was beslis ‘n klinkslae bewys dat die wintersportafsluiting ‘n reuse sukses was en dat hulle dit terdeë geniet het om saam met hul maats aan spansportaktiwiteite deel te neem. Ek het die voorreg gehad om ook op Saterdag die Gr.1’s se heel eerste netbalwedstryd by te woon. Al was dit net ‘n interne wedstryd, het die Gr.1’s gespeel asof hul lewens daarvan afhang. Dit was so spesiaal en hul ouers het vanaf ‘n afstand die dogters luidkeëls ondersteun. Ek was ook bevoorreg om Saterdagoggend ons o/13A-netbalspan onder leiding van juf. Ischké by die jaarlikse Wes-Kaap Topskole Toernooi te Laerskool Bastion in Brackenfell te ondersteun. Hulle het teen baie sterk kompetisie te staan gekom en 2 uit 3 wedstryde gewen. Ek is so trots op die span wat met waardigheid uit die stryd getree het en as ware ambassadeurs vir ons trotse skool opgetree het. Die program vir die wintersportafsluiting was ook so opgestel dat ons Jannies aan beide die wintersport en die Eisteddfod kon deelneem. Verskeie van ons...

Boekverkope by Jannies Woord-Makietie

Ons is baie opgewonde oor die Woord-Makietie wat die 28ste September plaasvind. Die 27ste en die 28ste September sal daar ook 'n boekverkope in die skool se biblioteek gehou word. Graad 4 - 7 sal Maandag 'n geleentheid kry om boeke te koop en Graad 1 - 3 die Dinsdag. Kaartfasiliteite sal beskikbaar wees. Boeke kan ook bestel en per EFT aan die verskaffers betaal word. Bankbesonderhede sal by die boekverkope gegee word. Geen kontant sal aanvaar word nie. Die biblioteek sal die 27ste September van 14:15 tot 16:00 vir ouers oop wees om boeke vir hul kinders te koop. Ongelukkig sal ons slegs 20 ouers op 'n slag in die biblioteek kan akkommodeer. Kliek HIER om 'n oorsig te kry oor die boeke wat beskikbaar sal...

O/11 & O/13 rugby teen Hamiltons

Die O/11 en O/13-Jannies het Maandag, 6 September, teen Hamiltons RFC op hulle tuisveld in Groenpunt gespeel. Ons spelers het hierdie wedstryde terdeë geniet en die o/11's en o/13's kan hulself ongelukkig ag om 2 naelbytstryde te verloor. O/11 B verloor 0-48 O/11 A verloor 5 - 7 O/13 A verloor 26-34 Die spelers en hulle ouers kan trots wees op hul sportmangees op die veld, asook die toewyding en vasberadenheid wat getoon is deur die...

Kaapse Afrikaanse Eisteddfod gehou op 10 en 11 September 2021

Baie geluk aan al ons leerders wat aan die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod deelgeneem het. Uit die 94 inskrywings in drie kategorieë nl. Voordrag, Prosa en Onvoorbereide lees, het hulle uitstekend gevaar. So trots op hulle! Uitslae as volg: Hoogste lof (90% +) : 30 Lof ++ (86%-89%) : 20 Lof + (83%-85%) : 23 Lof (80%-82%) : 9 Eervolle vermelding++ (76%-79%) : 8 Eervolle vermelding+ (73%-75%) :...

O/12 A-Netbalspan eindig 2de by Paarl Gimnasium Toernooi

Op Saterdag, 11 September, het die O/12 A-Netbalspan aan die Paarl Gimnasium O/12-toernooi deelgneem. Tien spanne van verskeie skole het vir die toernooi ingeskryf. Ons het die dag begin deur teen die 4 ander spanne (Paarl Gimnasium A, Eikestad A, Noord-Eind A en Courtrai B) in ons poel te speel. Daarna is elke span in hul poel se posisie bepaal en ons span het 2de in ons poel geëindig. Dit het beteken dat ons teen die wenners (De Hoop A) van poel B moes uitspeel om te kwalifiseer vir die laaste rondte waar ons vir posisie 1 of 2 moes meeding. Die span het puik gespeel en ons wen vir De Hoop 5 - 3. Die viering kon nie te lank aanhou nie, want ons het binne 20 min weer vir Paarl Gimnasium die stryd vir die top posisie aangesê. Die dag het ongelukkig teen die tyd sy tol begin eis en ons verloor die wedstryd teen Paarl Gimnasium en eindig 2de vir die dag! Ons is BAIE trots op die span, hierdie toernooi was hul eerste wedstryde vir die hele seisoen. Alle ander wedstryde wat ons tot op daardie stadium gespeel het, was teen ons eie spanne. Hoërskool Paarl Gimnasium het die toernooi as geleentheid gebruik om ons spelers tydens wedstryde dop te hou en het oor 'n paar van ons spelers kom uitvra. Al die spanne teen wie ons die dag gespeel het, het met groot verwondering van Sophia Liebenberg se spel gepraat. Ons bars van trots oor elke speler wat die dag daar was en sien baie uit na 2022 en wat hierdie dogters as O/13-span...

Kultuurkaskenades en musiekkonserte (laaste week van die kwartaal)

A.g.v. die nuwe Covid-regulasies, word die volgende veranderings aangebring aan volgende geleenthede: Kultuurkaskenades op 27 en 29 September sal nou "lewendig" in die saal plaasvind. Leerders sal in graadverband mag gaan kyk. By die Musiekkonserte op 30 September sal ouers toegelaat word om te kom luister (slegs 2 per deelnemer). Geen kinders sal toegelaat word...

Belangrike Datums

augustus 2026

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug00:0023:59EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor