Leerders wat belangstel om Vrydag, 1 Oktober, ‘n tafel te bestuur of beman, kan vanaf Maandag R15 op die Karri-toepassing betaal.

Produkte moet van so ‘n aard wees dat leerders dit self skool toe kan dra, aangesien ouers nie op die perseel toegelaat word nie. Leerders is verantwoordelik vir hul eie kleingeld en geen lewende hawe mag verkoop word nie.

Die markie sal vanaf 09:00 tot 09:45 bedryf word.