Op Saterdag, 11 September, het die O/12 A-Netbalspan aan die Paarl Gimnasium O/12-toernooi deelgneem. Tien spanne van verskeie skole het vir die toernooi ingeskryf.

Ons het die dag begin deur teen die 4 ander spanne (Paarl Gimnasium A, Eikestad A, Noord-Eind A en Courtrai B) in ons poel te speel. Daarna is elke span in hul poel se posisie bepaal en ons span het 2de in ons poel geëindig. Dit het beteken dat ons teen die wenners (De Hoop A) van poel B moes uitspeel om te kwalifiseer vir die laaste rondte waar ons vir posisie 1 of 2 moes meeding. Die span het puik gespeel en ons wen vir De Hoop 5 – 3.

Die viering kon nie te lank aanhou nie, want ons het binne 20 min weer vir Paarl Gimnasium die stryd vir die top posisie aangesê. Die dag het ongelukkig teen die tyd sy tol begin eis en ons verloor die wedstryd teen Paarl Gimnasium en eindig 2de vir die dag!

Ons is BAIE trots op die span, hierdie toernooi was hul eerste wedstryde vir die hele seisoen. Alle ander wedstryde wat ons tot op daardie stadium gespeel het, was teen ons eie spanne.

Hoërskool Paarl Gimnasium het die toernooi as geleentheid gebruik om ons spelers tydens wedstryde dop te hou en het oor ‘n paar van ons spelers kom uitvra. Al die spanne teen wie ons die dag gespeel het, het met groot verwondering van Sophia Liebenberg se spel gepraat. Ons bars van trots oor elke speler wat die dag daar was en sien baie uit na 2022 en wat hierdie dogters as O/13-span gaan doen. Baie geluk aan Emke van Wyk, Liza Hitge (kaptein), Cara Swanepoel, Nell von Lieres, Katya Morris, Sophia Liebenberg, Kyra Schoeman en Katarina Oosthuizen, julle is uitstekend!

Baie dankie aan juffrou Shahneé Felix wat vir die dag ons skool as skeidsregter verteenwoordig het.