Weens die feit dat die land op ‘n grendelvlak 2 is, het ons besluit dat ons graag ‘n proeflopie wil loods. Daar sal tydens die week van 27 September tot 1 Oktober ‘n opelug koffiekroeg-fasiliteit by die klerebank beskikbaar wees. Ouers mag uit hul motors klim, maar moet maskers dra en kan ongelukkig nie in die skoolgebou kom nie.

Die koffiekroeg is soortgelyk aan die koffiekroeg by Huppelland en dit sal vanaf 07:00 – 09:00 oop wees. Daar sal stoele en tafels buite wees om jou koffie te geniet met die ikoniese Tafelberg in die agtergrond. Ouers kan ook ‘n wegneem-koffie bestel. Kaartfasiliteite en Snapscan sal beskikbaar wees. Die skoolhoof sal moeite doen om bietjie tyd saam met ouers daar te spandeer. Baie dankie vir julle ondersteuning en ons glo dat julle daarvan gebruik sal maak.