Ons is baie opgewonde oor die Woord-Makietie wat die 28ste September plaasvind. Die 27ste en die 28ste September sal daar ook ‘n boekverkope in die skool se biblioteek gehou word. Graad 4 – 7 sal Maandag ‘n geleentheid kry om boeke te koop en Graad 1 – 3 die Dinsdag.

Kaartfasiliteite sal beskikbaar wees. Boeke kan ook bestel en per EFT aan die verskaffers betaal word. Bankbesonderhede sal by die boekverkope gegee word. Geen kontant sal aanvaar word nie. Die biblioteek sal die 27ste September van 14:15 tot 16:00 vir ouers oop wees om boeke vir hul kinders te koop. Ongelukkig sal ons slegs 20 ouers op ‘n slag in die biblioteek kan akkommodeer.

Kliek HIER om ‘n oorsig te kry oor die boeke wat beskikbaar sal wees.