Baie geluk aan al ons leerders wat aan die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod deelgeneem het. Uit die 94 inskrywings in drie kategorieë nl. Voordrag, Prosa en Onvoorbereide lees, het hulle uitstekend gevaar. So trots op hulle!

Uitslae as volg:
Hoogste lof (90% +) : 30
Lof ++ (86%-89%) : 20
Lof + (83%-85%) : 23
Lof (80%-82%) : 9
Eervolle vermelding++ (76%-79%) : 8
Eervolle vermelding+ (73%-75%) : 4