Atletiek: WP-byeenkoms
Veertien van ons atlete het verlede week hulle distrik-klere ontvang. Dit was 'n heerlike dag en die leerders het uitstekend presteer. Donderdag, 3 Maart, het die veertien leerders deelgeneem aan die WP-kampioenskappe. Die leerders en hul uitslae is asvolg: Cara Scoltz - 6de in die finaal van die 70m hekkies Nils le Roux - 5de in die 70m hekkies en 5de in 1200m Sofia Newton - 5de in die 75m hekkies en 5de in die 150m hekkies Dawid-Wiese - 6de in die finaal van die 75m hekkies Delmar Benecke - 6de in 1200m en 4de in verspring Ané Swanepoel - 7de in 1200m Sebastian Senekal - 5de in gewigstoot Carter Schoeman - 7de in gewigstoot Jeanne van Heerden - 4de in gewigstoot Liza Hitge - 5de hoogspring Anna Viljoen en Mari Steyn het baie goed gevaar in die hoogspring en Ashlyn-Beth in die diskus. Sophia Liebenberg was 2de verspring en 3de in spiesgooi. Sy het dus haar WP-klere verower. Dis 'n besondere prestasie! Die kompetisie was uiters sterk en ons atlete het hulle baie goed van hul taak gekwyt. Ons is baie trots op elke...
Dapper Stappers: Boesmanskloof, 28 & 29 Mei
Ons wil graag in die tweede kwartaal 'n twee dag stap te doen. Die roete begin in Greyton. Die stap is in die Boesmanskloof en volg dieselfde roete uit sodat 'n mens weer in Greyton eindig. Kostes: Permit - R50 per persoon per dag (m.a.w. R100 per persoon vir die 2 dae) Verblyf - R300 per persoon (10 jarige ouderdom en op) Datum: Begin Saterdag, 28 Mei. Stap Sondag, 29 Mei , terug. *Sport wat daardie naweek plaasvind kry voorkeur. Afstand & Tydsduur: 12.5 km, 5-6 ure Moeilikheidsgraad: Gemiddeld, afhangend van jou fiksheidsvlak. Jy moes verkieslik al 'n langer dagstap gedoen het. Jy moet 'n rugsak met jou kos & klere saam vat. Daar is beddegoed by die huisies waar ons sal slaap. Die roete het 'n paar opdraendes aan die begin & einde van die stap, maar die grootste deel van die stap is plat. In die middel van die roete is daar 'n groot swemgat en waterval om bietjie in af te koel. Vorm: Kliek HIER vir die vorm om in te skryf. Navrae: Kontak my gerus indien jy enige navrae het: suzaan@jvrprim.co.za Volg hierdie SKAKEL vir foto's en inligting i.v.m. die verblyf. Volg hierdie SKAKEL om meer oor die roete uit te...
Krieket O/11 A
Die 0/11 A-span het Maandag, 28 Februarie, teen St. Joseph's Marist in Rondebosch gespeel. JvR het eerste gekolf en het 131 lopies na 15 beurte aangeteken. Delmar Benecke het 55 lopies, nie uit nie, gekry. Ruben Eksteen het ook 'n goeie 23 lopies bygedra tot die groot totaal van die dag. Ons kry hulle uit vir 37 na 15 beurte. Gustav van der Linde het 2 paaltjies geneem na 2 beurte en geen lopies was aangeteken nie. Adriaan Wessels neem 1 paaltjie vir 4 lopies, Ruben Eksteen 1 paaltjie vir 4 lopies en Vincent Oosthuizen 1 paaltjie vir 3 lopies. Delmar Benecke was nie net die kaptein nie, maar ook die speler van die wedstryd. Baie geluk Delmar, spoggerige vertoning. Ons is baie trots op...
Projek: Welwillendheid
Ons waarde vir die maand is - OMGEE! Ons wil die kwartaal omgee vir diere in nood deur vir hulle kos in te samel. Die projek wat ons wil ondersteun is LEAPS - Lamberts & Elands Animal Protection Services. LEAPS is ‘n geregistreerde diere welsynsorganisasie wat die belange van diere in nood in die Elandsbaai en Lambertsbaai areas op die hart dra. Jy is welkom om die onderstaande items saam met jou kind na hul registerklasse toe te stuur. Wenslysie: Hondekos (droog en blikkies/pakkies) Katkos (droog en blikkies/pakkies) Vlooi en bosluis behandeling Lekker om te hê: Speelgoed vir honde Komberse Ons wil by voorbaat baie dankie sê dat julle saam met ons omgee vir ons...
Tweekamp: Twee Jannies word vir die WP-span gekies
Op Sondag, 27 Februarie, het twee van ons leerders, Delmar Benecke en Albert Griesel, aan die WP-tweekampbyeenkoms deelgeneem. Delmar (gr. 5) kom tweede en wen die silwer medalje vir die seuns 0/13. Albert Griesel (gr. 7) is ook gekies vir die WP-span. Delmar en Albert (seuns 0/15) verkry albei hulle WP-klere en gaan op 2 April 2022 aan die SA-kampioenskappe in Port Elizabeth deelneem. Baie geluk aan beide leerders en baie sterkte vir die...
Geagte Ouers / Voogde
Week 6 het sommer lekker flink afgeskop met ‘n baie besige sportprogram. Dit is ‘n riem onder die hart om te sien hoe al ons Jannies aktief aan die verskillende sport- en kultuuraktiwiteite by die skool deelneem. Na 2 jaar is die kinders se belangstelling om aan die buitemuurse program deel te neem op ‘n ‘nuwe’ energieke vlak. Dit herinner ons dat ons vir jare die normale funksionering van die samelewing as selfsprekend aanvaar het en groot was die ontnugtering met die koms van 'n wêreldwye pandemie. Hierdie afgelope week het ons Jannies aan verskeie krieket- en tenniswestryde asook die subsone atletiekbyeenkoms te Vygieskraal deelgeneem. Ek is so trots om aan te kondig dat van die 37 atlete wat daar op Woensdag, 23 Februarie, deelgeneem het, gaan 15 atlete deur na die distriksbyeenkoms wat op Saterdag, 26 Februarie, te Vygieskraal plaasvind. Ek verwys graag na die res van die nuusbrief. Ons o/13-krieketspanne het die afgelope week twee wedstryde gespeel. Ek wil nie graag leerders uitsonder nie, maar ek sal my van my taak kwyt indien ek nie melding maak van Werner Steyn (Gr. 7) wat op Dinsdag, 22 Februarie, ‘n ongelooflike kolfbeurt tydens ‘n T20-wedstryd weg teen Laerskool Parklands gehad het. Hy het ’n blitsige 102 lopies van slegs 54 balle aangeteken waarop iemand soos AB de Villiers ook baie trots sou wees. Baie geluk aan Adan Eksteen wat ook 57 lopies tydens die wedstryd geslaan het en soos julle kan aflei, het ons met ‘n allemintige 188 lopies gewen. Welgedaan aan meneer Warren en sy span, julle maak ons baie trots! Ons 6 tennispanne het ook die week...
HS JvR Kaas-en-Wyn, 3 Maart 2022
HS JvR hou Afrikaans-week en bied 'n heerlike kaas-en-wyn aand op Donderdag, 3 Maart, om 18h00 aan. Dit is 'n inisiatief wat ons graag met die Laerskool saamdoen!
Tenniswedstryde 22 & 23 Febr.
Ons 5 tennisspanne het hierdie week lekker gewoeker. Op Dinsdag, 22 Februarie, het twee van ons spanne as gevolg van die atletiek wat Woensdag plaasgevind het, gespeel. Die uitslae is as volg: Noord-liga: Seuns A [Dawid-Wiese Viljoen, Gustav Pansegrouw, John Gillmer & Gustav van der Linde] verloor 2-4 teen Durbanville A-seuns. Table View-liga: Seuns A [Jan-Willem Silvis, Ruald Naude, Rafa Lamprecht & Thomas Boshoff] wen 4-2 teen CBC St. John's A-seuns. Hierdie manne het ook die geleentheid gekry om op ons twee splinternuwe bane te speel. Hulle het dit natuurlik vreeslik geniet. Woensdag, 23 Februarie, het drie van ons spanne gespeel. Die uitslae is as volg: Noord-liga: Dogters A [Klara Maree, Stella Lamprecht, Jana Maree & Stella Pansegrouw] verloor 0-6 teen Durbanville A Dogters. Gemengde o/13 span [Gustav van der Linde, Johan Symington, Stella Zulch & Mia Boshoff] wen 6-0 teen Curro Brackenfell. Table-View Liga: Gemengde 1ste span [Daniel Welgemoed, André Marais & Anna Louw] verloor 1-5 teen Elkanah House Senior. Baie dankie aan al die ouers wat help om ons spelers rond te ry en die onderwysers wat hulle elke week...
Welkom aan ons nuwe swemafrigters – Aqua Crazy
Julle het dalk gesien dat daar heelwat nuwe gesigte by die swembad tydens die skool se oefensessies die laaste paar weke is. Ons het verskeie swemafrigters vir onderhoude genooi en vir hulle die geleentheid gebied om prakties met ons leerders te werk. Na verskeie onderhoude is ons baie opgewonde om die span van Aqua Crazy by ons te verwelkom! Hulle het vir ons 'n kort beskrywing oor hulself gestuur: Good day Jan Van Riebeeck parents/guardians We are pleased to be on board and part of the JvR family. We would like to extend our greatest gratitude for the opportunity to further improve the quality of the swimming program and the swimming ability of the children. To build and grow the swimming program within the school, we will be offering private swimming classes to all JvR students. Classes will be made available during each PT period and after hours between 15:00 - 18:00 and Sat 09:00 - 13:00. Furthermore, students who have grown within our individual and group lessons can enrol in the swimming club to improve stamina and endurance. We are excited to see what the future holds for all our little swimmers. Contact us via info@aquacrazy.co.za or WhatsApp 083 765 6521 Visit our website: https://www.aquacrazy.co.za/ Kontak hulle gerus vir meer...
Eisteddfod 2022 Inskrywings
Dit is weer tyd vir Eisteddfod-inskrywings! Die datums van die Eisteddfod is in Mei. Die definitiewe datums sal binnekort bekendgemaak word. Ons wag nog daarvoor. Sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag, 4 Maart. Whatsapp asb. die inskrywingsvorm na 072 014 8234 (Jana) Kostes beloop: R65 per inskrywing. Sluitingsdatum vir betaling is 12 Maart. Betalings word deur die Karri-app gedoen. Geen laat inskrywings word aanvaar nie. Sang- en Musiekinskrywings Inskrywings vir sang en musiek moet 19 Maart in wees. Die Karri-toep sal later hiervoor oopmaak. Sang- en musiekinskrywings word deur die musiekpersoneel bepaal. Ouers sal gekontak word. Lees die vorm vir die kategorieë en vul dit in om in te skryf. [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2022/02/EISTEDDFOD-2022-inskrywings.pdf" title="EISTEDDFOD 2022...
Jannies vir Jesus: Begin Donderdag, 10 Maart
Na amper twee jaar van inperkings gaan ons weer Jannies vir Jesus hervat! Hierdie projek is in 2019 geloods om ons Jannies die geleentheid te gee om hul geloof uit te leef. Vrywillige Jannies het lekker saam gesing en na 'n kort boodskap geluister. Ons is baie opgewonde dat die Groote Kerk ook hierdie jaar betrokke gaan raak. Ds Marietjie Steyn of hul jeugwerker (wat binnekort aangestel word) of 'n onderwyser sal die boodskap behartig. Ons beoog ook om ons gr.7's en entoesiastiese kitaarspelers by die aanbieding te betrek. Ons nooi alle gr.1-7-leerders en hulle ouers uit om betrokke te raak! Wanneer? Elke Donderdagoggend (Begin 10 Maart) Waar? Skoolsaal Tyd? 07:15 - 07:40 Rig alle navrae...
Kaperjolle 2022
Dis weer tyd om heerlik op 23 April 2022 op die skoolgronde saam te kuier. Merk solank die datum op jou kalender sodat julle nie uitmis nie. Ons het julle kostalente by die Oor-Die-Kole kompetisie nodig. Kliek op die GOOGLE FORM vir al die inligting en om in te skryf. Vul asb. die Google Form voor 25 Maart 2022 in om jou land/span in te skryf. Kontak vir Martie Viljoen 084 601 5640 | martie.viljoen7@gmail.com of Ria Hertzog 082 320 3288 | oov@jvrprim.co.za met enige...
o/11A-Krieketwedstryde – 23 Februarie
Die o/11 A-span het Woensdag, 23 Februarie, 'n vriendskaplike wedstryd teen Van Riebeeckstrand gespeel. JvR het eerste gekolf en het 86 lopies na 15 beurte aangeteken. Ben Esterhuyse en Jack Dawes het 'n pragtige vennootskap aan die gang gehad. Ons verloor ongelukkig die wedstryd met 8 paaltjies. Ben Esterhuyse het 'n pragtige paaltjie geneem. Hy was ook aangewys as speler van die wedstryd. Baie geluk, Ben. Ons is so...
Atlete lewer hul beste
Woensdag het 34 van ons atlete aan die Semi-kampioenskappe te Vygieskraal deelgeneem. Dit was 'n heerlike dag en die byeenkoms het glad verloop. Ons atlete het uitstekend presteer. Die uitslae is as volg: Ashlyn-Beth Alexander (1ste diskus) Sophia Liebenberg (1ste spiesgooi, 1ste verspring en 2de 200m) Helene Greeff (4de 1 500m en 4de 200m hekkies) Anna Viljoen (2de hoogspring) Delmar Benecke (1ste 1 200m en 1ste verspring) Nils le Roux (1ste 1 200m, 1ste verspring en 2de 70m hekkies) Ané Swanepoel (1ste 1 200m) Francois Boshoff (2de hoogspring) Dawid-Wiese Viljoen (2de 75m hekkies) Sofia Newton (3de 75m hekkies en 1ste 150m hekkies) Sebastian Senekal (1ste gewigstoot) Cara Stoltz (1ste 70m hekkies en 1ste verspring) Jean Petrie (4de 200m en 4de 200m hekkies) Albert Griesel (3de 800m) Liza Hitge (1ste hoogspring) Jeanne van Heerden (2de gewigstoot) Mari Steyn (4de 1 200m en 1ste hoogspring) Leo Conradie (3de 1 200m) Carter Schoeman (1ste gewigstoot) Al hierdie leerders neem Saterdag aan die distrikbyeenkoms te Vygieskraal deel. Ons wens vir hulle alle sterkte...
Navorsing in Rekenaarlokaal
Ons rekenaarlokaal is in die middae vanaf 14:15 tot 15:00 vir leerders beskikbaar om navorsing vir take te doen, prente te soek of om take te voltooi. Maak van hierdie diens gebruik indien julle nie / nie genoeg rekenaars by die huis het nie of as jou kind(ers) beter gaan werk in 'n klaskamer opset. Suzaan Burger hou toesig. Laat weet ook gerus indien julle 'n spesiale reëling wil tref, bv. as 'n leerder langer wil bly om 'n taak klaar te maak:...
Belangrike Datums
julie 2026
augustus 2026