Woensdag het 34 van ons atlete aan die Semi-kampioenskappe te Vygieskraal deelgeneem. Dit was ‘n heerlike dag en die byeenkoms het glad verloop. Ons atlete het uitstekend presteer.
 

Die uitslae is as volg:

Ashlyn-Beth Alexander (1ste diskus)
Sophia Liebenberg (1ste spiesgooi, 1ste verspring en 2de 200m)
Helene Greeff (4de 1 500m en 4de 200m hekkies)
Anna Viljoen (2de hoogspring)
Delmar Benecke (1ste 1 200m en 1ste verspring)
Nils le Roux (1ste 1 200m, 1ste verspring en 2de 70m hekkies)
Ané Swanepoel (1ste 1 200m)
Francois Boshoff (2de hoogspring)
Dawid-Wiese Viljoen (2de 75m hekkies)
Sofia Newton (3de 75m hekkies en 1ste 150m hekkies)
Sebastian Senekal (1ste gewigstoot)
Cara Stoltz (1ste 70m hekkies en 1ste verspring)
Jean Petrie (4de 200m en 4de 200m hekkies)
Albert Griesel (3de 800m)
Liza Hitge (1ste hoogspring)
Jeanne van Heerden (2de gewigstoot)
Mari Steyn (4de 1 200m en 1ste hoogspring)
Leo Conradie (3de 1 200m)
Carter Schoeman (1ste gewigstoot)
 
Al hierdie leerders neem Saterdag aan die distrikbyeenkoms te Vygieskraal deel.  Ons wens vir hulle alle sterkte toe.