Veertien van ons atlete het verlede week hulle distrik-klere ontvang. Dit was ‘n heerlike dag en die leerders het uitstekend presteer.
 
Donderdag, 3 Maart, het die veertien leerders deelgeneem aan die WP-kampioenskappe. Die leerders en hul uitslae is asvolg:
  • Cara Scoltz – 6de in die finaal van die 70m hekkies
  • Nils le Roux – 5de in die 70m hekkies en 5de in 1200m
  • Sofia Newton – 5de in die 75m hekkies en 5de in die 150m hekkies
  • Dawid-Wiese – 6de in die finaal van die 75m hekkies
  • Delmar Benecke – 6de in 1200m en 4de in verspring
  • Ané Swanepoel – 7de in 1200m
  • Sebastian Senekal – 5de in gewigstoot
  • Carter Schoeman – 7de in gewigstoot
  • Jeanne van Heerden – 4de in gewigstoot
  • Liza Hitge – 5de hoogspring
  • Anna Viljoen en Mari Steyn het baie goed gevaar in die hoogspring en Ashlyn-Beth in die diskus.
  • Sophia Liebenberg was 2de verspring en 3de in spiesgooi. Sy het dus haar WP-klere verower. Dis ‘n besondere prestasie!
Die kompetisie was uiters sterk en ons atlete het hulle baie goed van hul taak gekwyt. Ons is baie trots op elke atleet!