Ons waarde vir die maand is – OMGEE! Ons wil die kwartaal omgee vir diere in nood deur vir hulle kos in te samel. Die projek wat ons wil ondersteun is LEAPS – Lamberts & Elands Animal Protection Services.

LEAPS is ‘n geregistreerde diere welsynsorganisasie wat die belange van diere in nood in die Elandsbaai en Lambertsbaai areas op die hart dra.

Jy is welkom om die onderstaande items saam met jou kind na hul registerklasse toe te stuur.

Wenslysie:

Hondekos (droog en blikkies/pakkies)
Katkos (droog en blikkies/pakkies)
Vlooi en bosluis behandeling

Lekker om te hê:

Speelgoed vir honde
Komberse

Ons wil by voorbaat baie dankie sê dat julle saam met ons omgee vir ons troeteldiere.