Ons wil graag in die tweede kwartaal ‘n twee dag stap te doen. Die roete begin in Greyton. Die stap is in die Boesmanskloof en volg dieselfde roete uit sodat ‘n mens weer in Greyton eindig.

Kostes:

Permit – R50 per persoon per dag (m.a.w. R100 per persoon vir die 2 dae)
Verblyf – R300 per persoon (10 jarige ouderdom en op)

Datum:

Begin Saterdag, 28 Mei. Stap Sondag, 29 Mei , terug.
*Sport wat daardie naweek plaasvind kry voorkeur.

Afstand & Tydsduur:

12.5 km, 5-6 ure

Moeilikheidsgraad:

Gemiddeld, afhangend van jou fiksheidsvlak. Jy moes verkieslik al ‘n langer dagstap gedoen het. Jy moet ‘n rugsak met jou kos & klere saam vat. Daar is beddegoed by die huisies waar ons sal slaap. Die roete het ‘n paar opdraendes aan die begin & einde van die stap, maar die grootste deel van die stap is plat. In die middel van die roete is daar ‘n groot swemgat en waterval om bietjie in af te koel.

Vorm:

Kliek HIER vir die vorm om in te skryf.

Navrae:

Kontak my gerus indien jy enige navrae het: suzaan@jvrprim.co.za
Volg hierdie SKAKEL vir foto’s en inligting i.v.m. die verblyf.
Volg hierdie SKAKEL om meer oor die roete uit te vind.