Ons rekenaarlokaal is in die middae vanaf 14:15 tot 15:00 vir leerders beskikbaar om navorsing vir take te doen, prente te soek of om take te voltooi. Maak van hierdie diens gebruik indien julle nie / nie genoeg rekenaars by die huis het nie of as jou kind(ers) beter gaan werk in ‘n klaskamer opset. Suzaan Burger hou toesig. Laat weet ook gerus indien julle ‘n spesiale reëling wil tref, bv. as ‘n leerder langer wil bly om ‘n taak klaar te maak: suzaan@jvrprim.co.za