Ons 5 tennisspanne het hierdie week lekker gewoeker.

Op Dinsdag, 22 Februarie, het twee van ons spanne as gevolg van die atletiek wat Woensdag plaasgevind het, gespeel. Die uitslae is as volg:

Noord-liga:  Seuns A [Dawid-Wiese Viljoen, Gustav Pansegrouw, John Gillmer & Gustav van der Linde] verloor 2-4 teen Durbanville A-seuns.

Table View-liga:  Seuns A [Jan-Willem Silvis, Ruald Naude, Rafa Lamprecht & Thomas Boshoff] wen 4-2 teen CBC St. John’s A-seuns. Hierdie manne het ook die geleentheid gekry om op ons twee splinternuwe bane te speel. Hulle het dit natuurlik vreeslik geniet.

Woensdag, 23 Februarie, het drie van ons spanne gespeel. Die uitslae is as volg:

Noord-liga:  Dogters A [Klara Maree, Stella Lamprecht, Jana Maree & Stella Pansegrouw] verloor 0-6 teen Durbanville A Dogters.

Gemengde o/13 span [Gustav van der Linde, Johan Symington, Stella Zulch & Mia Boshoff] wen 6-0 teen Curro Brackenfell.

Table-View Liga:  Gemengde 1ste span [Daniel Welgemoed, André Marais & Anna Louw] verloor 1-5 teen Elkanah House Senior.

Baie dankie aan al die ouers wat help om ons spelers rond te ry en die onderwysers wat hulle elke week vergesel.